Cravenweekspan kom uit dié 40-tal
Skolerugby
Andrew Poolman
'n Oefengroep van 40 jong rugbyspelers is uitgesoek na afloop van laas naweek se nasionale laerskoleproewe vir onder 13's wat by die Hage Geingob-stadion in Windhoek gehou is.
Met 'n bedrag van N$35 000 was Sanlam Namibië vir die 24ste jaar die hoofborg van die proewe, wat 'n bepalende geleentheid is vir spelers wat vir hulself 'n plek in die Namibiese span na die Coca-Cola Cravenweek vir laerskole vir oopspeel.
Die Cravenweek word vanjaar vroeg in Julie op Kimberley aangebied. By laas jaar se toernooi het Namibië een van sy beste vertonings nóg gelewer deur in die tweede beste posisie ná die Westelike Provinsie geplaas te word.
Namibië se laerskoolspan van 2018 sal deur mnre. Mauritz Thirion (Windhoek Gimnasium) en Reagan Gertze (Pionierspark) afgerig word, met mnr. Rialdo van Wyk (Laerskool Origo) as spanbestuurder.
By die Laerskole-rugbyvereniging het mnr. Ryno Brand ná die verstryking van 10 jaar as voorsitter uitgetree. Die voorsitterskap is sedertdien deur mnr. Lappies Labuschagne van Mariental oorgeneem.
Namens Sanlam Namibië het mnr. Wessel Kotze by die oorhandiging die jong spelers gelukgewens wat op koers vir insluiting in die Cravenweek-span is.
“Dié van julle wat nie vandag gekies word nie, bly hard werk en sien dit as 'n trappie na sukses. Jy het reeds jou ouers, jou spanmaats en jou skool trots gemaak.”
Volgens Kotze bied die proewe aan ontluikende spelers die geleentheid om karaktertrekke soos lojaliteit, spanwerk, wedersydse respek, stiptelikheid en selfdissipline te ontwikkel. “Al hierdie eienskappe is ook van toepassing in hul volwasse lewe. Uiteindelik is ons doel om rugby in Namibië te sien floreer en die sport vir alle gemeenskappe toeganklik te maak.”
Die oefengroep bevat ook enkele spelers wat vanweë hul fokus op die atletiekseisoen vergunning gehad het om nie aan die proewe deel te neem nie. Twee spelers uit die presidentspan van spelers wat nie vir hul streke gekies was nie, se vertonings teen die streekspanne het ook die keurders se oog gevang.
Die groep is:
Agterspelers: Sarel Janse van Rensburg (Khomas), Nico Janse van Rensburg (Hardap), Daniël Oosthuizen (Noorde), Meyer Bosman (Hardap), Michael Koopman (Erongo), SW Kuhn (Noorde), Shikongo Twakondja (Khomas), Rowan Madison (Noorde), Christopher Deli (presidentspan), Mathew van Wyk (Hardap), Antua Klein (Erongo), Harolito Stumphe (Hardap), Keanu Polster (Erongo), Marc Holloway (Erongo), Jurgen Meyer (Khomas), Ajay Bock (Hardap), Johan Jordaan (Noorde), Paul McNab (Erongo), Theo Kruger (Khomas).
Voorspelers: Kyle van Wyk (Khomas), Mervano Brown (Hardap), Ben Burger (Khomas), Janneman Brand (Khomas), WR Klein (Hardap), Markus Meyer (Hardap), Mauricio Eberenz (Khomas), Bianco Stuart (Erongo), MJ van Wyk (Hardap), Hendre Schrader (Khomas), Nicolas van der Colf (Erongo), Enzo van Rensburg (Hardap), Hafeni Mungungu (Erongo), Miguel Steenkamp (Erongo), Gileam Links (Hardap), Ashwin Loxton (Hardap), Joshua Bester (presidentspan), Gianluca Savoldelli (Khomas), Joshua Lourens (Hardap), MJ van der Westhuizen (Noorde), Jeandre Brandt (Khomas).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie