Cristiano Ronaldo het Covid-19
Sokker
Die sokkerlegende Cristiano Ronaldo is positief vir die koronavirus getoets, het die Portugese Sokkervereniging Woensdag in ’n verklaring op sy webblad gesê.
Die 35-jarige Juventus-doelskieter sal gevolglik vandag se wedstryd in Uefa se Nasiesliga teen Swede misloop, al het hy geen simptome nie.
Volgens die verklaring is Ronaldo “gesond . . . en in isolasie”.
Die federasie het voorts gesê die res van die Portugese groep is ná Ronaldo se uitslag ook getoets, maar almal se uitslae was negatief. Niemand anders is dus aan die wedstryd onttrek nie.
Ronaldo, ’n vyfmalige Wêreldspeler van die Jaar, het wel gespeel in Portugal se twee onlangse Nasies-liga-wedstryde, teen Frankryk en Spanje. Albei kragmetings het met 0-0 gelykop geëindig.
Sy betrokkenheid by Juventus se eerste Kampioeneliga-wedstryd, aanstaande Dinsdag teen Dynamo Kiev, is vanselfsprekend ook nou in onsekerheid gehul.
– Reuters, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie