CrossFit-‘oorlog’ bepaal topspanne
Mostert se dooiegewigoptel: 270 kg
Kristien Kruger – CrossFit-atlete vanoor die land het Saterdag in die King’s War spankompetisie meegeding wat by CrossFit Windhoek – Sold Out On Life aangebied is.
Sowat 30 spanne het ingeskryf vir die kompetisie wat deur King Price Insurance geborg is.
Mans- en vrouespanne van twee atlete kon vir die Rx-kategorie inskryf, óf die afgeskaalde kategorie wat elk uit drie uitdagings ontstaan het.
RX-VROUE
Die Namibiese CrossFit vrouekampioen, Francie Gerber, en haar spanmaat Rykie Jonck se span “Thunder & Lightning” van CrossFit Windhoek het die Rx-vroue-afdeling in ’n indrukwekkende vertoning van krag en uithouvermoë gewen.
In dié wenkombinasie was Gerber die span se sterkste presteerder in die een-repetisie-maksimum uitdaging waar elkeen hul swaarste gewigte in drie kragdissiplines moes hanteer, naamlik hurk (squat), “strict press” en dooiegewigoptel. Gerber het daarin geslaag om op 145 kg met dooiegewigoptel te slaag.
Die laaste paar hardloop- en fiksheidsuitdagings was meer in Jonck se kraal, wat ’n 500 meter en burpies ingesluit het.
Die vrouespan van Swakopmund, Angelique Connoway en Annemarie Kruger, was tweede in die Rx-vrouekategorie. Dié twee was deurgaans strawwe kompetisie vir Thunder & Lightning en het inderdaad vir Gerber en Jonck in die algehele krag-uitdaging geklop.
Lezaan Groenewald en Griet-Marie Coetzee van CrossFit Tsumeb was in die algehele derde plek.
RX-MANS
By die mans se Rx-kategorie het die “Outcasts” van CrossFit Tsumeb, Louis Grobbelaar en Roland Schorkopf, die eerste plek verower. In die tweede plek was dit Jaco Theron en Edward Camm (Truck and Trailer). Timo Rentel en Volker Hansen was derde.
KRAGTOERTJIE
Andrew Mostert van CrossFit PLUS 264 in Windhoek het tydens die een-repetisie-maksimum uitdaging vir groot opgewondenheid gesorg toe hy met sy eerste probeerslag in dooiegewigoptel 270 kg suksesvol behaal het.
• Die spanne wat vir die afgeskaalde kategorie ingeskryf het, het ietwat makliker uitdagings as die Rx-kategorie gehad, wat nietemin vir ’n aanskoulike kompetisie gesorg het.
Die voorste uitslae vir die afgeskaalde kategorieë:
VROUE
1. Barbell Barbies (Lara Bouwer en Claudia Gruhn)
2. Deadlift and Chill (Alessia Araujo en Lumé Lambert)
3. Scale Don’t Bail (Hanlè Rieger en Beatrix van Rooyen)
MANS
1. Scale Uil (Eugene Rautenbach en Manuel Viljoen)
2. Hungry Glutes (Hendrik Bekker en Stephan van Rooyen)
3. Koos (Johann Mouton en Johan Steenkamp)
– [email protected]
FOTO’S
Die vrouewenners in die Rx-kategorie: Griet-Marie Coetzee, Lezaan Groenewald, Rykie Jonck, Annemarie Kruger en Angelique Connoway.
Die Rx-manskategorie se podium is van links Timo Rentel, Volker Hansen, Roland Schorkopf, Louis Grobbelaar, Edward Camm en Jaco Theron.
Andrew Mostert slaag met sy dooiegewigoptel van 270 kg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie