CSO's se volhoubaarheid onveranderd in 2019
CSO's se volhoubaarheid onveranderd in 2019

CSO's se volhoubaarheid onveranderd in 2019

Die IPPR sê die toename in openbare protesveldtogte het die indeks beter laat presteer as dit by die bestuur van belange kom.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die volhoubaarheid van Namibië se burgerlike samelewing was onveranderd in 2019.

Dit is ondanks skokke soos onder meer 'n voortslepende ekonomiese resessie, die mees betwiste nasionale verkiesing sedert onafhanklikwording asook 'n enorme korrupsieskandaal soos Fishrot.

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) het 'n verslag oor die land se burgerlike organisasies (CSO's)-indeks uitgereik, waarin Namibië 'n punt van 4,3 uit 7 behaal.

Die indeks word gegrond op die vermoëns en prestasie van die organisasies se regsomgewing, organisatoriese kapasiteit, finansiële lewensvatbaarheid, die bestuur van sy belange, diensverskaffing, sektorale infrastruktuur asook sy openbare beeld.

CSO's sluit in die organisasies wat hulle vir kinderregte, liefdadigheid, welstand, godsdiens, gesondheidsorg en onderrigdienste beywer, vrywilligersorganisasies, niewinsgewende organisasies (NGO's) en sekere trusts.

Die IPPR sê die groter aantal openbare protesveldtogte in 2019 het op kwessies soos korrupsie asook geslagsgeweld gefokus, wat die indeks beter laat vaar het as dit by die bestuur van belange kom.

Terselfdertyd was diensverskaffing ietwat beter, omdat organisasies gepoog het om hul reikwydte te verbreed. Ook het die openbare beeld 'n hupstoot gekry danksy beter mediadekking en verminderde antiburgerlike samelewing retoriek deur die regering.

Die IPPR sê burgerlike organisasies se regsomgewing, kapasiteit, geldelike volhoubaarheid en sektorale infrastruktuur bly onveranderd.

Die IPPR sê CSO's was in 2019 oor die algemeen nie gebonde om aktiwiteite te beplan en uit te voer nie. Ten spyte van burokratiese uitdagings en 'n gerompslomp in administratiewe sake, het die organisasies nie direkte staatsinmenging ervaar nie.

CSO's se geldsake was steeds onseker en hulle bly afhanklik van skenkers – maar dié situasie is onveranderd vanaf vorige jare.



PROTESVELDTOGTE

Daarteenoor het CSO's verbeter met diensverskaffing asook die bestuur van hul belange omdat hulle doeltreffende openbare protesveldtogte kon reël. Daar is egter min vordering gemaak om wetgewing deur te voer wat vir CSO's van belang is.

Burgerlike organisasies het dienste help lewer aan gemeenskappe wat deur die regering oorgesien is – dit alles van basiese gesondheids- en ­psigomaatskaplike dienste tot kiesersonderrig en kapasiteitsbou.

Dienooreenkomstig het hul ­openbare beeld ietwat verbeter – hoofsaaklik danksy beter mediadekking, beter betrokkenheid by landsburgers in belangrike kwessies asook minder kritiek vanaf die regering.

Die IPPR sê die land het 'n onstuimige 2019 ervaar weens ekonomiese toestande, twis oor die verkiesing asook die Fishrot-skandaal, wat vererger is deur 'n voortslepende droogte. CSO's vertolk 'n belangrike rol in sulke situasies.

Die droogte het beteken meer as 700 000 mense het voedselbystand benodig en in Mei 2019 is 'n noodtoestand afgekondig. Terselfdertyd het openbare skuld tot meer as 50% van die bruto binnelandse produk (BBP) gestyg. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!