Cullinan-knewel kan tot R160 miljoen haal
Cullinan-knewel kan tot R160 miljoen haal

Cullinan-knewel kan tot R160 miljoen haal

Jo-Mare Duddy Booysen
Seugnet van Zyl - Nog ’n knewel van ’n wit diamant is by Cullinan, oos van Pretoria, gevind.
Die mynboumaatskappy Petra Diamonds het die ontdekking van die D-kleur-diamant (tipe IIa) van 138,57 karaat gister bekend gemaak.
Cathy Malins, woordvoerder van Petra Diamonds, sê daar word gereeld diamante van meer as 100 en selfs 200 karaat by die Cullinan-myn ontdek, maar slegs een of twee sal oor die “uitsonderlike kwaliteit van dié een beskik”.
“Die helderheid van die steen is uitstekend en die kleurgradering is ’n D, wat die topgradering vir ’n wit steen is.”
Sy sê daar word nie oor stene se waarde bespiegel nie, maar ’n wit diamant van 121 karaat wat in Julie ook by die Cullinan-myn ontdek is, is vir US$6 miljoen (sowat R80 miljoen) verkoop. Dit is sowat US$50 000 (sowat R660 000) per karaat.
Dié diamant is deur ’n gesamentlike onderneming van Nemesis International en Golden Yellow Diamonds, twee vooraanstaande diamantvervaardigers wat in groot diamante spesialiseer, gekoop.
Die prys van spesiale stene hang van sy kleur, helderheid, grootte, sny- en poleringkaraktereienskappe af.
Barry Morse, nog ’n woordvoerder van Petra Diamonds, sê die jongste vonds kan – gegrond op onlangse pryse vir soortgelyke diamante – tussen US$7 miljoen (R93 miljoen) en US$12 miljoen (R160 miljoen) verkoop word.
Die nuwe diamant sal as deel van Petra Diamonds se volgende verkoping laat in Augustus aangebied word. Dit sal ongeslyp verkoop word.
“Die verkope van ongeslypte diamante word gereguleer. Dus kan slegs maatskappye of individue wat by ’n erkende wêrelddiamantebeurs geregistreer is, diamante by Petra Diamonds koop.”
Sou iemand wat nie geregistreer is nie belang stel om die diamant te koop, sal hulle ’n agent moet gebruik om dit namens hulle aan te skaf.
- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!