Curriebeker-helde u00e9n oumanne op Bok-toer
Curriebeker-helde u00e9n oumanne op Bok-toer

Curriebeker-helde én oumanne op Bok-toer

Rugby
Andrew Poolman
Die terugkeer van Jannie du Plessis en JP Pietersen is die uitstaande kenmerk van die groep wat die Springbok-afrigter, Allister Coetzee, vir die jaareindtoer na Brittanje en Italië aangekondig het.

Du Plessis, wat op toer sy 34ste verjaardag gaan vier, kan heel moontlik teen Engeland op 12 November die Bokke se skrum anker. Sy insluiting is die gevolg van beserings aan Julian Redelinghuys en Frans Malherbe.

Terwyl die Cheetah-blits Sergeal Petersen vir sy puik spelpeil beloon is, gaan dit vir hom lol om een van Pietersen, Bryan Habana of Ruan Combrinck op die vleuel uit die kussings te lig.

Coetzee het ook nou die opsie om terug te val op die beproefde voorrykombinasie van Du Plessis, Adriaan Strauss en Tendai Mtawarira. Hoewel dit nie ''n toekomsgerigte besluit is nie, het hulle darem al hul man teen die bestes op toetsvlak gestaan.

“Ons is hard deur beserings getref op vaskopstut. Frans, Julian, Coenie Oosthuizen en Ruan Dreyer is almal tans beseer, terwyl etlike van die ander ervare vaskoppe hul rugby oorsee speel,” sê Coetzee in ''n nuusverklaring.

Ander nuwelinge in die groep saam met Petersen is die Cheetahs-senter Francois Venter, die Haaie-losvoorspeler Jean-Luc du Preez en die Bulle-baljagter Roelof Smit.

Laasgenoemde is in die groep omdat Francois Louw die toer met ''n dyspierbesering gaan misloop.

Presies hoeveel speeltyd die jongelinge kan verwag, is ''n ope vraag. Coetzee sou nie teruggeval het op manne soos Du Plessis en Pietersen tensy hy onder groot druk was nie.

Interessant genoeg is daar nie plek vir die deurwinterde losvoorspeler Duane Vermeulen nie. Hy het onlangs sy mond uitgespoel oor die kommerwekkende stand van Suid-Afrikaanse rugby, maar die rede wat gegee is vir sy weglating is dat sy kondisionering nie na wens is nie.

Hy keer ook in November na Suid-Afrika terug vir die geboorte van sy tweede kind.

Die senter Juan de Jongh en veelsydige Francois Hougaard is op die krukkelys.

Coetzee het intussen etlike van Suid-Afrika se voorste jong spelers gekies vir die eerste toerwedstryd teen die Barbarians op Wembley op 5 November.

Dit sluit in die Leeus-senter Rohan Janse van Rensburg, wat nogmaals ongelukkig is om hom nie in die Bok-groep te bevind nie. Onder die res is die stutte Lizo Gqoboka en Thomas du Toit, die slot RG Snyman, die losvoorspeler Uzair Cassiem en die heelagter Cheslin Kolbe.

Slegs spelers wat hul rugby in Suid-Afrika speel, kan vir die wedstryd teen die Barbarians oorweeg word. Die kern van die span sal waarskynlik steeds uit ervare Bokke bestaan.

• Die Bok-groep na Europa is: Willem Alberts, Ruan Combrinck, Damian de Allende, Lood de Jager, Faf de Klerk, Jannie du Plessis, Jean-Luc du Preez, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Johan Goosen, Bryan Habana, Jaco Kriel, Elton Jantjies, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Jesse Kriel, Pat Lambie, Willie le Roux, Lionel Mapoe, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Franco Mostert, Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane, Oupa Mohoje, Rudy Paige, Sergeal Petersen, JP Pietersen, Roelof Smit, Adriaan Straus, Francois Venter, Piet van Zyl, Warren Whiteley.

• Die groep vir die wedstryd teen die Barbarians is: Lourens Adriaanse, Nizaam Carr, Uzair Cassiem, Combrinck, De Allende, De Jager, De Klerk, Du Preez, Thomas du Toit, Pieter-Steph du Toit, Etzebeth, Lizo Gqoboka, Rohan Janse van Rensburg, Cheslin Kolbe, Kriel, Lambie, Marx, Mbonambi, Mohoje, Mtawarira, Nyakane, Paige, Sergeal Petersen, Tian Schoeman, RG Snyman, Smit, Strauss, Jamba Ulengo, Piet van Zyl, Venter. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!