Curriebeker vanjaar oor dubbelronde beslis
Rugby
Vir ’n beter wedstryd in die eerste ronde van ’n Curriebeker-reeks sou ’n mens onder gewone omstandighede nie kon vra nie, maar 19 Junie se kragmeting tussen die Blou Bulle en Westelike Provinsie dreig om erg afgewater te wees.
Dít is omdat dit op dieselfde dag as die eindstryd van die Reënboogbeker-reeks in Treviso gespeel gaan word. Die Bulle is waarskynlik die gunsteling onder Suid-Afrika se spanne om deur te dring, maar die Stormers sal sterk staan as hulle daarin kan slaag om Vrydagaand op Loftus te wen.
Nietemin sal Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners bly wees om te hoor dat daar vanjaar weer ’n gevoel van normaliteit rondom die CB-reeks gaan wees.
Sewe spanne – die Bulle, Haaie, Leeus, Westelike Provinsie, Vrystaat-Cheetahs, Griekwas en die Pumas – speel oor ’n dubbelronde, met vier wat voor die eindstryd op 11 September tot ’n halfeindronde toe deurdring. Om alles ingepas te kry, gaan wedstryde ook soms in die middel van die week gespeel word.
Vanjaar se reeks sal op 18 Junie met ’n wedstryd tussen die Pumas en Leeus in Mbombela begin. Suid-Afrika se ander sewe senior provinsiale spanne sal oor ’n enkelronde in die Eerste Liga speel. Die eerste ronde wedstryde is op 19 Junie en die eindstryd op 14 Augustus.
Daar word ook afsonderlike provinsiale o.20-kompetisies gespeel. Die Bulle, Cheetahs, Oostelike Provinsie, Luiperds, Leeus, Haaie en WP ding mee in een reeks om die Beker. Dit begin op 7 Augustus en die eindstryd word op 2 Oktober gespeel.
Op hul beurt spook Griekwas, die Pumas, Griffons, Valke, Grens, SWD-Arende, Boland en Limpopo dit uit om die Skild. Daardie reeks sal op 28 Augustus begin en op 25 September eindig.
Daar is ook ’n Eersteliga-kompetisie vir vroue, wat op 12 Junie begin. Die betrokke spanne is die Cheetahs, Griffons, Griekwas, Luiperds, Leeus, Limpopo Blou Bulle, Pumas, SWD en Valke. Die eindstryd word op 17 Julie gespeel en sal die voorwedstryd wees vir die eindstryd van die Premierliga-reeks vir vroue, wat tans onderweg is.
“Dit was met die Covid-19-pandemie baie moeilik om vir die nuwe seisoen te beplan. Daar is veranderlikes wat dalk nog veranderings teweeg kan bring, maar ons is bly dat die Curriebeker se Eerste Liga en vrouereekse terug is nadat hulle glad nie in 2020 kon speel nie,” sê Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbuynie, in ’n nuusverklaring.
“Etlike faktore, soos die dubbelronde vir die Premierliga van die Curriebeker-reeks, die potensiële oorvleueling van kompetisies en die Britse en Ierse Leeus-reeks, waar vier van ons provinsiale spanne as ’n vereiste in bioborrels moet wees, het beteken dat ons wedstryde vir die middel van die week moes reël.”
Bepalings vir die Carling Curriebeker se premierliga:
Eerste ronde
18 Junie, 19:00: New Nation Pumas tn Xerox Lions, Mbombela-stadion, Nelspruit.
19 Junie, 13:30: Tafel Lager Griekwas tn Cell C Sharks, Tafel Lager Park, Kimberley.
19 Junie, 16:00: Vodacom Bulle tn DHL Westelike Provinsie, Loftus Versfeld, Pretoria.
Tweede ronde
23 Junie, 19:00: Xerox Lions tn DHL Western Provinsie Emirates, Airline Park, Johannesburg.
25 Junie, 19:00: Vodacom Bulle tn New Nation Pumas, Loftus Versfeld, Pretoria.
26 Junie, 13:00: Tafel Lager Griekwas tn Toyota Cheetahs, Tafel Lager Park, Kimberley.
Derde ronde
30 Junie, 19:00: Toyota Cheetahs tn Vodacom Bulle, Toyota-stadion, Bloemfontein.
2 Julie, 16:00: New Nation Pumas tn Tafel Lager Griekwas, Mbombela Stadium, Nelspruit.
3 Julie, 14:30: DHL Westelike Provinsie tn Cell C Sharks, Kaapstad-stadion.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie