Curro: Nuwe skole steun syfers
Hanlie Stadler
Ondanks die druk op verbruikers het Curro nou 5 868 méér leerlinge as ’n jaar gelede, ’n styging van 13% tot 57 173 leerlinge.
Dit kom grootliks omdat die privateskolegroep die grootste aantal nuwe skole in een jaar gebou en gekoop het sedert 2015.
Andries Greyling, uitvoerende hoof, skryf die styging in leerlinge ook daaraan toe dat Curro “baie aanloklik bly vir ouers wat vir hul kinders ’n uitmuntende opvoeding wil gee”.
Die groep het die afgelope jaar 10 nuwe kampusse en 22 nuwe skole bygekry – 13 daarvan nuwe skole wat die groep ontwikkel het en nege skole wat hy gekoop het. Die groep het nou 164 skole op 68 kampusse.
Curro is ook nie van plan om briek aan te draai nie en is besig om nog vier kampusse met vyf skole landswyd te ontwikkel.
Die groep se 80@20-visie, wat nog so onlangs as 2017 aangehaal is, was om teen einde 2020 80 kampusse en 200 skole te hê.
Die groep benut in dié stadium slegs 52% van sy skole se totale kapasiteit, wat beteken hy het nog aansienlik speling om meer leerlinge by sy bestaande skole in te skryf. Die benutting van kapasiteit in 2018 dié tyd was 54%.
MIKPUNT
Die groep se leerling-onderwyser-verhouding is net effens hoër. Die groep het nou gemiddeld 18 leerlinge per onderwyser, teenoor 17 ’n jaar gelede. Curro se uiteindelike mikpunt is 25 leerlinge per onderwyser in sy Curro- en Select-skole en 35 per onderwyser in sy Meridian- en Academy-skole.
Die syfers is uitgereik as deel van die groep se halfjaarsyfers vir die ses maande tot einde Junie.
Curro se inkomste het met 19% tot R1,48 miljard gestyg en die ebitda-winsgrens het tot 28% gestyg (van 27% ’n jaar gelede). Ebitda staan vir verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywings, en weerspieël die wins wat die skole maak.
Die skole-afdeling se ebitda-wins het met 20% tot R453 miljoen gestyg.
Die syfers het Curro se aandeelprys vroegoggend met tot 2,1% tot R17,01 laat styg. Die groep se aandeel het egter vanjaar reeds met byna 35% geval.
Curro het geen tussentydse dividend verklaar nie. Die groep het vroeër vanjaar die eerste voljaardividend sedert sy notering in 2011 verklaar. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie