Curro raap nóg skole op
Elvira Wood – Die privateskolegroep Curro het nóg twee skole gekoop.
Die groep sê Dinsdagoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat hy The King’s School in Linbro Park, Johannesburg, asook twee kleuterskole genaamd Land of Oz in Fourways, Johannesburg, gekoop het.
Curro sê hoewel dit nie groot transaksies is nie, was dit ’n strategiese besluit om sy bedrywighede op dié manier uit te brei.
The King’s School is in 1986 deur die Love Reaching Communities-kerk gestig. Hy het 390 leerlinge van graad 000 tot graad 12.
Dié private skool se skoolgelde vir 2020 wissel van R25 520 tot R71 390 per jaar afhangende van die graad van die leerling.
Curro beplan om dié skool uit te brei sodat hy ten minste nóg 900 leerlinge kan akkommodeer.
Land of Oz se twee kleuterskole in Fourways en Cartwell wes van Johannesburg akkommodeer tans sowat 240 leerlinge.
Curro wil die skool in Cartwell uitbrei om ook ’n laer- en hoërskool te hê. Die mikpunt is om eindelik tot soveel as 1 300 leerlinge dáár te akkommodeer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie