Cycle Challenge gewis nie nét vir die elite
Padfietsry
Fietsryers by die honderde sal Sondagoggend weer vir een van die gewildste padbyeenkomste in die land aantree.
Vir die deelname van oud en jonk is daar min geleenthede op die kalender wat by die jaarlikse Nedbank Cycle Challenge kers vashou.
Ná die afgelope tyd se reënweer wat die Khomasstreek se
omgewing soveel groener gemaak het, sal ryers hul deelname opnuut geniet ongeag of hulle vir die afstande van 24 km, 38 km, 60 km of die hoofresies oor 100 km ingeskryf is.
Die roete begin en eindig in die middestad, maar maak ook draaie op die westelike verbypad in die noordelike en westelike buitewyke van Windhoek.
In die elite mansresies waarop waarskynlik weer die meeste fokus sal wees, sal Costa Seibeb en Till Drobisch na verwagting weer hul hewige kompetisie aan die voorpunt hervat.
Beide het al tevore die Cycle Challenge gewen, met Drobisch wat laasjaar met net minder as 'n minuut voor sy voorste uitdager klaargemaak het.
In 2016 se vroueresies het Genevieve Weber eerste en Irene Steyn tweede klaargemaak, maar die terugkeer van Michelle Vorster kan sake verander.
Op die foto is personeellede en familielede van Namibia Media Holdings wat Sondag om 07:00 by die wegspringstreep in
Onafhanklikheidslaan voor Nedbank se hoofkantoor sal aantree.
Die NMH-ryers dra die boodskap van padveiligheid uit, veral in die opbou na die Namibia Tourism Expo wat vanaf 31 Mei tot 3 Junie voorlê.
Van links is Agnes Hoffman (NMH-personeel), Mocks Mbako (familielid), Christo le Roux (familielid), Maryke Kruger (op fiets, familielid), Nicolas le Roux (familielid), Michelle le Roux (NMH-personeel), Adele Kruger (familielid), Elandri Kruger (familielid) en Llewellyn Kruger (NMH-personeel).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie