Cycle Challenge se glorie herleef
Cycle Challenge se glorie herleef

Cycle Challenge se glorie herleef

Februarie is altyd ’n gróót maand vir fietsry in Namibië – nou boonop met die Statebondspele op die horison.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Nedbank Namibië het gister in samewerking met die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) en die Windhoek Pedal Power-padfietsklub (WPP) die 2022 Nedbank Road Cycling Challenge bekend gestel.

Die byeenkoms sal op Sondag 13 Februarie in die hoofstad plaasvind met ’n geskatte 1 000 deelnemers wat in die onderskeie afdelings sal wegspring. Die wedren wat in 1986 begin het, word as die oudste kompeterende fietsrybyeenkoms in die land beskou.

Ryers van verskillende ouderdomme kan vir die 20 km, 30 km, 60 km of 100 km inskryf. Vanjaar sal deelnemers by die nuwe Nedbank-hoofkantoor in Fidel Castro-straat wegspring en in Onafhanklikheidsrylaan voor die Zoopark oor die eindstreep ry.

Die Nedbank Challenge se bergfietsuitdaging en die Kidz Challenge wat gewoonlik op dieselfde naweek as die hoofbyeenkoms aangebied was, sal vanjaar weens ’n oorvol fietsryprogram nie gehou word nie.

Mnr. Gernot de Klerk, hoof van bemarking en kommunikasie by Nedbank, het aan Republikein gesê: “Ons by Nedbank is verheug om ná die twee jaar van onderbreking in die bywoning van sportbyeenkomste weer die Cycle Challenge te kan aanbied. Wat massa-deelname betref, is dit die grootste padfietsbyeenkoms in die land en word allerweë deur ryers as die beste kompetisie onder die son beskryf.

“Die wedren se geskiedenis strek terug tot November 1986 en oor die jare het die byeenkoms die deelname van vele kampioene en opgelewer en as ’n afspringplek vir toekomstige talent gedien.

“Dis ’n ongelooflike voorreg om opnuut die Cycle Challenge aan te bied en ons by Nedbank koester dit na aan die hart.

“Komende Vrydag en Sondag kom die Nedbank nasionale padfietskampioenskap aan die beurt. Drikus Coetzee is die verdedigende elite padresieskampioen, asook die titelhouer in die individuele tydtoets vir vier jaar agtervolgens, hoewel strawwe kompetisie beslis vanjaar te wagte kan wees.

“Ons het die afgelope twee Sondae met die Nedbank WPP-padfietsreeks gesien hoe kompeterend die mansryers tans is. Xavier Papo het met ’n knal sy aanwesigheid aangekondig en op beide Sondae geseëvier.

“Behalwe Xavier en Drikus is daar talle aanspraakmakers op die nasionale kampioenskaptitels. Vera Looser is ook terug uit Switserland en sal as verdedigende kampioen beslis die vroueresies se vlak van teenstand verhoog.

“Met die Statebondspele in Birmingham skaars ses maande weg, kan ons nie vir beter gevra het nie. Ons wil hê Namibiërs moet teen die beste ryers in die wêreld en die Statebondspele kan kompeteer.

“Ons is opgewonde oor die nasionale kampioenskap en die feit dat die NCF ons toegelaat het om dit weer as hoofborg te ondersteun, is ’n getuigskrif van die verhouding wat ons met die fietsrygemeenskap het.

“Onder die oppervlak borrel die opgewondenheid onder die fietsryers behoorlik en dié atmosfeer is goed vir fietsry.”

Mnr. Axel Theissen, NCF-president, het aan die koerant gesê: “Ons land se elite ryers gebruik die Cycle Challenge en die nasionale kampioenskap om vir die Statebondspele voor te berei en om in die vyf oop plekke vir die nasionale mans- en vrouespan gekies te word.

“Ons bedank Nedbank vir alles wat hulle vir fietsry doen. Hulle belê onder meer in die Desert Dash, WPP Nedbank-padfietsreeks, die Cycle Challenge en die Rock & Rut-bergfietsreeks. Ons waardeer hul geloof en volgehoue ondersteuning.”

Coca-Cola, Namibia Health Plan (NHP) en PayToday ondersteun ook die Cycle Challenge.

[email protected]

FOTO

Van links staan mnr. Axel Theissen (president van die Namibiese Fietsryvereniging), supt. Harold Winkler (Windhoek stadspolisie), Robinson Hangula (Coca-Cola), me. Agnes Tjongarero (minister van sport, jeug en nasionale diens), me. Martha Murorua (besturende direkteur van Nedbank Namibia) en mnr. Brian Key (Windhoek Pedal Power). Foto Tielman van Lill

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.98/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.46/lb UP +3.21% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 4.33% | Brent Crude Oil US$ 75.00/BBP UP +0.83% | Platinum US$ 981.63/OZ UP +2.46% #REF!