Cycloholics takel Dash met jare se ondervinding
Bergfietsry
Tielman van Lill
Die Davin-sporttrust gaan binnekort opnuut met sy Davin Desert-fietsryaflosspan en sy Golf & Boules-dag geld vir die land se talentvolle sportmanne en -vroue insamel.
Die trust ondersteun jaarliks tussen 12 en 24 sportmanne en -vroue op elite vlak met hul reis-, verblyf- en afrigtingskostes. Die lys vir vanjaar sluit name soos Michelle Vorster (Olimpiese bergfietsryer), Drikus Coetzee (fietsry, driekamp), die naellopers Jolene Jacobs en Ernst Narib, Emil Pitt (gimnastiek) asook Sedi en Tukhula Jacobs (tennis) in.
Die Davin-sporttrust stoot volgende maand die Cycloholics, 'n viermanspan, in die veld om die 2020 Nedbank Desert Dash-ultrabergfietsmarathon oor 373 kilometer vanaf Windhoek na Swakopmund te ry.
Die 49-jarige Tersius Stears (uitvoerende hoof van Sanlam Namibië), Henk Schlechter (54, Santam Namibië se hoof van nismarkte), Renier Taljaard (61, in die versekeringsbedryf) en Andrew Muller (44, 'n bakker en bestuurder van 'n fabriek) sal die enjinkamer van die senior span vir hul vyfde Dash wees, met die strewe om geld vir die Davin-sporttrust in te samel.
Die vier manne, met meer as 25 Dash-voltooiermedaljes tussen hulle, sê hulle is gereed om die uitdagende woestynrit te geniet. Stears het 15 jaar gelede sy ysterperd opgesaal en sal Desembermaand sy tiende Dash aanpak, terwyl dit Schlechter se vyfde woestynrit sal wees.
Muller en Taljaard is ewe bedrewe met hul bergfietse as dit by die Desert Dash kom. Taljaard het agt keer agtereenvolgens die Dash as lid van 'n viermanspan voltooi, terwyl Muller vanjaar die sesde maal die uitmergelende marathon gaan aanpak.
Mnr. JG van Graan, finansiële hoofbeampte van Nedbank Namibië se maatskaplike beleggingskomitee, loof die Cycloholics vir hul inisiatief.
“Dit is mos waaroor die Desert Dash eintlik gaan – om pret te hê. Die hart en siel van dié byeenkoms word die beste waargeneem in die gees van ryers wat dit vir sake na aan die hart doen. Die Dash is die ideale geleentheid vir diegene wat hulself wil beproef en terselfdertyd 'n ongelooflike bydrae tot die gemeenskap wil lewer,” het Van Graan gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie