Cyril hou vol hyu2019t nie geweet van Bosasa-skenking
Cyril hou vol hyu2019t nie geweet van Bosasa-skenking

Cyril hou vol hy’t nie geweet van Bosasa-skenking

‘Die skenking is sonder my medewete gewerf,’ sê Ramaphosa.
Llewellyn Prince

Pres. Cyril Ramaphosa hou voet by stuk dat hy nie bewus was daarvan dat die omstrede fasiliteitsbestuursgroep Bosasa R500 000 vir sy veldtog om ANC-president te word, geskenk het nie.

In Ramaphosa se jongste reaksie oor die voortslepende Bosasa-kwessie sê die staatshoof dat dit daarom ook nie nodig was dat hy daardie skenking verklaar het nie omdat dit nie in sy persoonlike hoedanigheid gemaak is nie.

Dié antwoord van Ramaphosa is vervat in ’n parlementêre antwoord wat Maandag deur die parlement uitgereik is.

Bosasa dryf tans as African Global Operations (AGO) handel.

Ramaphosa se antwoord het gekom nadat Floyd Shivambu, EFF-adjunkpresident en LP, vroeër in ’n parlementêre vraag by hom wou weet of hy enige verdere skenkings in sy amptelike hoedanigheid as staatshoof van African Global Operations ontvang het en indien wel, in watter bankrekening dit inbetaal is en waarvoor dit was.

Shivambu wou ook weet of hy al die geld verklaar het wat aan hom geskenk is en indien wel, wanneer.

AMPTELIKE ANTWOORD

Ramaphosa het in sy amptelike antwoord gesê dat hy nie enige verdere skenking in sy amptelike hoedanig of in enige ander hoedanigheid van African Global Operations ontvang het nie.

“Soos ek op 16 November 2018 in ’n brief aan die speaker (Baleka Mbete) van die Nasionale Vergadering aangedui het, was die betaling waarna die leier van die opposisie (Mmusi Maimane van die DA in ’n mondelingse parlementêre vraag aan Ramaphosa) verwys het, namens Gavin Watson in ’n trustrekening gedeponeer wat gebruik is om geld vir ’n veldtog in te samel vir my kandidatuur vir die presidentskap van die ANC.”

Watson was toe Bosasa se uitvoerende hoof.

Ramaphosa sê verder in sy antwoord: “Die skenking is sonder my medewete gewerf en ontvang en ek was nie bewus van die bestaan van die skenking toe ek (vroeër vanjaar) die (mondelingse) vraag daaroor in die Nasionale Vergadering beantwoord het nie.

“Omdat ek nie enige skenking van African Global Operations ontvang het nie, was geen verklaring daaroor nodig nie,” lui Ramaphosa se antwoord verder.

VOLLE WAARHEID

Maimane, wat saam met sy party druk dat die volle waarheid agter die sogenaamde Bosasa-skenking aan Ramaphosa onthul moet word, het Maandag by die parlement gesê dat staatskaping nie net ’n (oudpres. Jacob) Zuma-fenomeen is nie.

“En asof dit hierdie punt vir ons wil bewys, het Ramaphosa in die parlement bevestig dat hy ’n R500 000-skenking vir sy ANC-veldtog van Bosasa – ’n maatskappy wat reeds by wydverspreide ANC-korrupsie betrek word – ontvang het en dat sy seun ’n ‘kommersiële verhouding’ met daardie maatskappy het.

“Nie Ramaphosa, sy seun of Bosasa was gewillig om verdere besonderhede van hierdie verhouding bekend te maak nie, maar die DA sal nie daarmee ophou tot ons by die waarheid uitgekom het nie,” het Maimane belowe.

Die DA het vroeër ook vir adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, versoek om ondersoek in te stel of Ramaphosa die parlement “bewustelik en opsetlik” oor die Bosasa-skenking mislei het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!