Cyril moet in staatsrede wys hy is in beheer
Ander kwessies, waaronder korrupsie, veiligheid, geweld teen vroue en kinders, moet beslis aandag kry.
Philda Essop - Pres. Cyril Ramaphosa moet wys hy is in beheer van Suid-Afrika wanneer by vandag sy staatsrede lewer deur veral op korrupsie te fokus.
Minstens twee politieke kenners sê dit is belangrik dat Ramaphosa sy gesag moet afdruk met sy toespraak in die Nasionale Vergadering.
Ralph Mathekga, politieke ontleder aan die UWK, het gesê daar was die afgelope ruk baie bontpratery deur ANC-leiers oor beleid, wat verwarring geskep het. Daar was ook mededinging vir die kalklig met oudpres. Jacob Zuma wat toenemend na vore tree.
Die ANC se verjaardagvieringe in Januarie (waar Zuma luid verwelkom is) het volgens hom getoon dat faksiegevegte steeds hoogty vier in die party.
“Wanneer hy sy staatsrede lewer, moet hy dit dus met gesag doen en as iemand wat in beheer is van die beleid van die land,” het Mathekga gesê.
Ander kwessies, waaronder korrupsie, veiligheid, geweld teen vroue en kinders, moet beslis aandag kry. “Dit kom voor asof almal korrup is . . . daar is die skenking van Bosasa aan hom. Hy moet met gesag na vore kom en oplossings vir dié kwessies bied.
DAADWERKLIK OPTREE
“Dit is noodsaaklik dat hy verantwoordelikheid neem en erken waar foute begaan is en aankondig dat daadwerklik teen mense opgetree gaan word. Hy kom tans voor as iemand wat net die een krisis ná die ander hanteer. Hy moet toon dat hy in staat is om deur te druk met sy agenda van skoon regering. Hy moet dié agenda herbevestig,” sê Mathekga.
Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, sê die wittebrood wat Ramaphosa in Februarie 2018 gehad het, het vinnig verdwyn en sy staatsrede vanjaar gaan groter eise aan hom stel.
“Verlede jaar was moeilik. Hy moes die markte, sy politieke party . . . die hele wêreld tevrede stel. Vanjaar is die vraag wat het hy bereik. Ek dink sy heel grootste uitdaging is om die ekonomie op dreef te kry. Om dít reg te kry moet hy vertroue skep in die ekonomie en om dit te doen gaan hy duidelik standpunt moet inneem oor korrupsie. Hy sal ’n aanduiding moet gee oor hoe en wanneer hy gaan optree wat staatskaping betref, want dit is onderliggend aan die klimaat wat die ekonomie gaan ondersteun.”
STAATSINSTELLINGS
Verder sal Ramaphosa moet aandui wat hy rondom staatsinstellings, veral Eskom, gaan doen. “Dit is noodsaaklik, want die kredietgraderingsagentskappe kyk vir hom.”
Ander aspekte sluit in plaaslike regering, maatskaplike kwessies rondom mans en vroue, asook vraagstukke rondom rassisme. Venter glo Ramaphosa kan die nasie verras deur die verkiesingsdatum aan te kondig.
Agri SA het in sy boodskap aan Ramaphosa gesê die regering moet sy energie op die landbousektor fokus omdat die sektor onder “geweldige druk” is weens droogte, beleidsonsekerheid en om veiligheidsredes.
Intussen toon ’n peiling deur Citizen Surveys dat Ramaphosa se presidensiële goedkeuringsvlak op 60% afgeplat het.
“Hoewel dit af is van 68% tydens die piektydperk van ‘Ramaphoria’ tussen April en Junie 2018, is dit steeds baie hoog in teenstelling met oudpres. Jacob Zuma se bedankingsperiode in Februarie 2018 waartydens sy presidensiële goedkeuringsvlak ’n lae 22% was.”
Die peiling het ook bevind dat 27% van volwassenes in Suid-Afrika glo die land is op die “regte pad”.
Reza Omar, strategiese navorsingsdirekteur by Citizen Surveys, het in ’n verklaring gesê: “Terwyl Ramaphosa steeds ruim ondersteuning as die president van Suid-Afrika geniet, is dit duidelik dat Suid-Afrikaners tasbare en positiewe verandering wil sien, veral in die verkiesingsjaar.
“Terwyl die data toon dat optimisme bly, is dit duidelik getemper deur politieke realiteite.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie