Cyril ontmoet EU-leiers
Die SA president besoek ook koning Philippe Léopold Louis Marie van die Koninkryk van België en dié land se eerste minister, Charles Michel.
Pres. Cyril Ramaphosa is op ’n tweedaagse besoek aan die Europese Unie (EU) in Brussel waar hy leiers in die EU ontmoet.
Volgens Khusela Diko, presidensiële woordvoerder, het die werkbesoek vroeër Woensdag in Strasbourg, Frankryk, begin, waar Ramaphosa die Europese parlement toegespreek het.
Hy besoek ook koning Philippe Léopold Louis Marie van die Koninkryk van België en dié land se eerste minister, Charles Michel.
Die president sal ook ’n hoflikheidsbesoek van die minister-president van Vlaandere, Geert Bourgeois, ontvang.
Diko sê Ramaphosa sal saam met die president van die Europese raad, Donald Tusk, en die president van die Europese kommissie, Jean-Claude Juncker, mede-voorsitter wees van die sewende SA-EU-beraad.
Kwessies wat bespreek sal word, sluit in vordering met die SA-EU- strategiese vennootskap en samewerking oor bilaterale politieke, ekonomiese en ontwikkelingsaangeleenthede.
NIE-PERMANENTE LID
Suid-Afrika sal saam met vyf EU-lidlande (Frankryk en Brittanje as permanente lede en Duitsland, België en Pole as verkose lede) vir die 2019-’20-termyn as ’n nie-permanente lid in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad dien.
Ramaphosa word op die besoek bygestaan deur die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, en Tito Mboweni, minister van finansies.
Uit DA-geledere bestaan kommer dat Suid-Afrika tydens Ramaphosa se afwesigheid sonder leierskap sit deurdat adj.pres. David Mabuza luidens berigte in Rusland is.
John Steenhuisen, DA-LP en hoofsweep van die party, het in ’n nuusverklaring gevra wie die land regeer as Ramaphosa en ander ministers in die buiteland is.
Steenhuisen sê Mabuza is luidens berigte met siekteverlof in Rusland, wat Suid-Afrika met geen uitvoerende hoof nie laat.
“Terwyl die president nie sy verpligtinge in Suid-Afrika kan nakom nie, word sy adjunk-president se verpligtinge ook agterweë gelaat.”
Die DA doen ’n beroep op Ramaphosa om dringend ’n waarnemende president aan te wys, lui die verklaring.
Diko is verskeie kere gebel om te hoor of iemand as waarnemende president en adjunk-president aangestel is, maar hy het nie sy telefoon beantwoord nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie