Cyril open nuwe sinkmyn in Noord-Kaap
Gamsberg het ’n reserwe van 214 megaton erts en het ’n geskatte lewensverwagting van meer as 30 jaar.
William Horne – Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagoggend amptelik die nuwe Gamsberg-sinkmyn buite Aggeneys in die Noord-Kaap geopen.
Die sinkreserwes hier is reeds 40 jaar gelede ontdek, maar ontwikkeling het eers werklik in 2011 begin toe die nuwe eienaar, Vedanta Zinc International, dit oorgeneem het.
Fase een van die projek behels ’n belegging van $400 miljoen deur Vedanta en mik daarna om 4 megaton (4 miljoen ton) erts en 250 000 ton konsentraat per jaar te ontgin.
Gamsberg het ’n reserwe van 214 megaton erts en het ’n geskatte lewensverwagting van meer as 30 jaar.
Fase twee en fase drie beoog om produksie meer as te verdubbel, en sal ’n bykomende $400 miljoen benodig om te voltooi.
Ramaphosa het op die geleentheid sy dankbaarheid teenoor Vedanta uitgespreek, veral “omdat sy beleggings in sowel ontwikkeling as mensekapitaal ’n belangrike stap in ons gedeelde reis is om die land se mynbedryf te laat herleef”.
Meer as 3 000 mense is in diens geneem om die Gamsberg-myn te bou, waarvan meer as die helfte plaaslik gewerf is.
Wanneer Gamsberg ten volle in bedryf is, sal die myn van 800 tot 850 mense voltyds in diens neem. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie