Cyril steeds siek; het nie vrae in NV beantwoord
Philda Essop
Pres. Cyril Ramaphosa het gister sy parlementêre vraag-en-antwoord-sessie misgeloop.
Ramaphosa sou gister ses mondelinge vrae in die parlement moes beantwoord, maar hy is siek.
Die parlement het Woensdag in ’n kort verklaring gesê Ramaphosa sal op mediese advies nie gister soos beplan vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord nie. Die sitting is gekanselleer.
Vrae wat LP’s aan hom gestel het, handel onder meer oor die ekonomiese stimuluspakket, misdaad, die opbloei van openbare betogings, inklusiewe groei in Afrika, Suid-Afrika se leningsooreenkoms met China en nasionale kohesie.
Mmusi Maimane, DA-leier, het ook vroeër die week aan Baleka Mbete, speaker van die NV, geskryf en gevra dat ’n dringende vraag by Ramaphosa se vrae gevoeg word oor beweringe dat hy vooraf kennis gedra het van die plundery by VBS Mutual Bank.
NUWE DATUM
Ramaphosa het dit in ’n verklaring “kategories verwerp” dat hy nagelaat het om op te tree toe hy in 2017 bewus geword het van ongerymdhede by VBS.
’n Nuwe datum vir die president se vraag-en-antwoord-sessie sal nou deur die NV se programkomitee vasgestel word.
Dit kom nadat die presidensie Dinsdag aangekondig het dat Ramaphosa se beplande reis na Kinshasa in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) uitgestel is, omdat hy siek is. Die president was veronderstel om die afgelope Maandag na Kinshasa te reis, maar is deur sy dokters aangeraai om eers van ’n infeksie van die boonste lugweë te herstel voordat hy lang reise onderneem. Hy word behandel en is luidens die verklaring reeds aan die herstel.
Ramaphosa en pres. Joseph Kabila van die DRK was veronderstel om ondernemings te onderteken wat die twee lande op die 11de binasionale kommissie in Kinshasa bereik het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie