Cyril ver voor
Die wedloop om die presidentskap van die ANC in Suid-Afrika is aan die gang, maar wie die wenner sal wees, is ver van seker.
Llewellyn Prince En Philda Essop
Adj. pres. Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika is deur 'n vyfde provinsie – Limpopo – amptelik benoem vir die ANC-presidentskap.
Die ANC se grootste provinsie, KwaZulu-Natal, het Maandagaand vir dr. Nkosazana Dlamini-Zuma as presidentskandidaat benoem vir die nasionale konferensie wat van 16 tot 20 Desember 2017 by Nasrec, Johannesburg, gehou sal word.
'n Politieke kenner meen egter hoewel Ramaphosa tans voorloop in terme van syfers nadat Limpopo, die Oos-Kaap, Noord-Kaap, Wes-Kaap en Gauteng hom as presidentskandidaat benoem het, is dit weens verskeie faktore twee weke voor die nasionale konferensie egter nog steeds nie 'n uitgemaakte saak dat hy ANC-president sal word nie.
Dlamini-Zuma is die Noordwes en Vrystaat se voorkeurkandidaat, terwyl sy ook die steun van die ANC se vroueliga en -jeugliga geniet.
Dlamini-Zuma het Vrydag in Mpumalanga sowat 123 benoemings teenoor Ramaphosa se 117 gekry. Die meeste takke daar het egter ter wille van “eenheid” van die ANC verkies om nie een van hierdie twee te benoem nie.
By Limpopo se provinsiale algemene raadsvergadering Maandag het 391 takke in die provinsie Ramaphosa en 104 vir Dlamini-Zuma benoem.
Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings wat haar ook vir die ANC-presidentskap beskikbaar gestel het, het die meeste benoemings vir ANC-adjunkpresident gekry, Gwede Mantashe, ANC-hoofsekretaris, die meeste vir nasionale voorsitter en Zingiswa Losi, tweede adjunkpresident van Cosatu, die meeste vir adjunk-sekretaris-generaal.
Paul Mashatile, ANC-voorsitter in Gauteng, is deur Limpopo as ANC tesourier-generaal benoem.
Mantashe het Maandag by Luthuli-huis ná afloop van 'n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gesê die nasionale konferensie sal voortgaan.
“Ons bestuur 'n organisasie. Ons gaan 'n konferensie hê en werk hard daaraan om te verseker dat die konferensie suksesvol en stabiel is.
“Ek kan jou sê (in die lig van) die omgewing wat ons waargeneem het oor die naweek, is daar meer hoop dat die konferensie stabiel gaan wees. Ons het gesê anargiste moet deur hul onderskeie provinsies hanteer word. As jy die konferensie ontwrig, moet jou provinsie jou verwyder, as hulle dit nie doen nie, sal ons jou uit die konferensie verwyder.”
Op 'n vraag of die ANC homself voorberei vir 'n uitslag wat dalk in die hof, soos vroeër in ANC-provinsies gebeur het, uitgedaag kan word, het Mantashe “nee” geantwoord.
Intussen het Baleka Mbete, ANC-voorsitter, Maandag by die KwaZulu-Natalse provinsiale algemene raadsvergadering ook op eenheid in die ANC gehamer en gevra dat die party sterker uit die nasionale konferensie moet kom.
Volgens Mbete moet sy en die ander ses ANC-presidentskandidate die boodskap aan hul onderskeie ondersteuners oordra dat die ANC groter as elk van die presidentskandidate, provinsies, afgevaardigdes en die nasionale konferensie is.
“Ons moet uit die nasionale konferensie kom met 'n ooreengekome kollektiewe leierskap wat deur almal ondersteun moet word,” het Mbete gesê.
Prof. André Duvenhage, politieke ontleder van die Noordwes Universiteit, het gesê Ramaphosa loop tans voor as daar bloot na provinsies se syfers gekyk word.
Volgens Duvenhage sal pres. Jacob Zuma se faksie in die ANC hulle egter nie in 'n posisie wil bevind waar hulle die mag moet oorhandig nie.
“Daar is baie desperate mense wat eerder die nasionale konferensie sal ontwrig as die risiko loop om tronk toe te gaan.
“Groot bedrae geld sal daarom ongetwyfeld 'n faktor wees in die omkoop van afgevaardigdes. Dan sal daar ook 'n atmosfeer van intimidasie wees wat afgevaardigdes kan ontsenu.
“Die tekens is alles daar dat die nasionale konferensie ontwrig sal word sodat dit nie suksesvol sal wees nie,” het Duvenhage gesê.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie