D-dag vir Hardap-boere
D-dag vir Hardap-boere

D-dag vir Hardap-boere

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - “Hierdie is absoluut buite menslike beheer, dit is nou die Hoërhand wat beskik. Ons kan net met ons knieë op die grond bly en bid, glo en hoop die Here sal op sy tyd voorsien.”

Só het mnr. Dawie de Klerk, ’n besproeiingsboer en ondervoorsitter van die Akkerbouprodusentevereniging (APV), vanoggend aan Republikein gesê ná watertoevoer na besproeiingsboere op die Hardap-skema gister gestaak is.

Hy sê hul enigste hoop is nou die reënseisoen wat nog voorlê.

“As dit nie binne drie weke voldoende kom reën nie, sal daar permanente skade aan gewasse wees. Dit sal astronomiese sosioëkonomiese gevolge vir die hele skema inhou,” het hy gesê.

Volgens NamWater se damverslag die afgelope Maandag het die dam tans 6,1% water oor.

De Klerk sê die aanvanklike plan was dat besproeiingswater afgesny sou word as die damvlak 4,5% bereik, maar tegniese probleme kan ontstaan as NamWater die besproeiingskanaal oophou.

De Klerk sê sowat 1 000 arbeiderhuisgesinne is van die dam se besproeiingsaktiwiteite afhanklik, terwyl sowat 2 200 ha se gewasse deur besproeiingswater gevoed word.

Die Hardap-skema het homself die afgelope jare as die voer- en ruvoer-voedselmandjie in die land gevestig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!