D-dag vir strydkinders kom en gaan
D-dag vir strydkinders kom en gaan

D-dag vir strydkinders kom en gaan

Klippe vlieg, veld aan die brand gesteek
Tanja Bause
Tanja Bause - Strydkinders wat op die Ndilimani-­kleinhoewe by Brakwater buite Windhoek bly, het teen 12:00 gister nié die perseel ontruim nie.
Dít ten spyte van ’n regskennis­gewing wat bepaal dat hulle ’n ander heenkome moet soek.
Volgens adj.komm. Silvanus Nghi­shidimbwa van die Namibiese polisie kan die strydkinders egter om regshulp aansoek doen.
“Wanneer iemand so ’n kennis­gewing ontvang en nie daarmee saamstem nie, kan hulle om regshulp aansoek doen. Die klaer kan hof toe gaan, waarna die hof ’n bevel kan uitreik waaraan die ontvanger gehoor moet gee. As dit nie gebeur nie, kan en sal die polisie intree,” het hy gesê.
Die strydkinders het laat Dinsdagmiddag weer na die Swapo-hoofkwartiere in Katutura opgeruk, waar mense na bewering vir twee ure deur die groep gyselaar gehou is. Met die aankoms van die spesiale veldmag op die toneel, het die klippe weer begin vlieg en het die polisie waarskuwing­skote afgevuur. Die groep het daarna na die kleinhoewe by Brakwater terug­gekeer.
Die strydkinders het by die hoofkwartier byeengekom nadat hulle Maandag ’n kennisgewing van afsetting van die regsfirma Conradie & Damaseb ontvang het dat hulle teen 12:00 Woensdag die Ndilimani-­kleinhoewe moet ontruim. Volgens die skrywe weier die strydkinders om die kleinhoewe te verlaat, tree hulle op ’n betreurenswaardige wyse op, word die kleinhoewe vir onwettige aktiwiteite gebruik en is hulle ook ’n oorlas vir die eienaar, Kalahari Hold­ings (Pty) Ltd. Dit verwys voort na die strydkinders se plundertogte, intimidasie, blokkering van ’n nasionale pad, klipgooiery en “ander geweld­dadige optredes”.
Volgens Nghishidimbwa het die strydkinders Dinsdag uit vrye wil na Brakwater teruggekeer en was hulle vreedsaam. “Hulle het sonder polisiebegeleiding teruggekeer,” het hy gesê.
Volgens die Brakwater-buurtwag was dit egter nie die geval nie en het die strydkinders in kleiner groepe opgebreek en met die terugkeer begin om langs die pad die veld aan die brand te steek.
“Hulle het eers die gras by Sirkel Motors aan die brand gesteek, daarna by Bokomo en toe die gras langs die Brakwater-dienspad. Daar was geen polisie in sig nie. Die brandweer het vir die eerste brand uitgekom en toe weer weggery. By navraag het hulle gesê dit is te gevaarlik vir hul lede sonder die polisie op die toneel; hulle kan nie verder met brandbestryding help nie,” het me. Atousa Fischer-Buder­ gesê. Lede van die buurtwag moes noodgedwonge die brande blus.
“Ons is nie die rede hoekom hulle kwaad is nie, so hoekom moet ons hulle woede verduur? Ons bly net hier; dit word tyd dat die regering verantwoordelikheid aanvaar en die mense beheer,” het sy gesê.
Sy het bygevoeg dat hulle nie ’n buurtwag gestig het om wetstoepassers te word nie, maar wel om aanvullende diens vir wetstoepassers te bied en hulle te ondersteun.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!