Daan “Weerlig” laat ‘n leemte
Een van die Noordweste, Torrabaai en die landboubedryf se groot seders het geval.
Marietjie van Staden - Die stempel wat Kamanjab-legende, mnr. Daan “Weerlig” van Vuuren, op mense en gemeenskappe ver buite sy plaasgrense afgedruk het, sal ‘n blywende indruk laat.
Dié talentvolle storieverteller, musiekmaker en gerekende stoetteler het die lewe Maandag, op sy plaas Weerlig, ná ‘n hartaanval verlaat.
Vroeër die dag moes hy drie van sy rooi brahmane van hul droogtelyding verlos.
“Dit het erg aan hom gevat. Daan moes die afgelope tyd al 15 van sy rooi brahmane van kant maak omdat oorlewing in die droogte vir hulle onmoontlik was,” het sy vrou, Sarona, gesê.
Op amper 75-jarige ouderdom was Daan nog voltyds in die boerderytuig en het hy die stryd teen die felste droogte nóg in die land moedig saam met medeboere aangesê.
By hom het agt jaar van droogte die veld kaal gestroop. Net kernstoetkuddes van sy spog- damaraskape en rooi brahmane is behou.
Hulle word met boskos en ander voer aan die lewe gehou.
Op WhatsApp-groepe is die groot verlies van dié alombekende en geliefde Namibiër ernstig betreur.
“Ek het nog verlede week so lekker saam met Daan op die Grootfontein-skou gekuier. Wat ‘n lewenslustige karakter! Hy het soveel motiverende bydraes tot sy medemens gelewer,” het me. Mecki Schneider, landbouleier en visepresident van die Namibiese Brahmaantelersgenootskap, laat weet.
Mededamaraskaapteler, mnr. Nichlas Mbingeneeko, het op die WhatsApp-groep vir telers van dié ras laat weet: “My deelname aan die pasafgelope Stampriet-skou het ‘n groot hupstoot gekry danksy topgenetika van Oom Daan. Sy bydraes tot die veredeling van die damaraskaapras bly ongeëwenaar. Dit is inderdaad ‘n ewige erfenis vir toekomstige generasies. Vir hom het ek ongelooflike respek. Ek versoek dat ‘n nasionale damaraskaapkampioenskap volgende jaar ter ere van Oom Daan gehou word.”
Op gemeenskapsgebied sal Daan onthou word vir sy groot bydraes tot die genetiese verbetering van kuddes van onder meer die nabygeleë Damaraland-boere.
Hy het ‘n groot hart vir sy medemens, die natuur, diere en die Torrabaai-hengeloord gehad, waarvan hy dekades lank die burgemeester was. Kom dit by meelewendheid het trane van hartseer of vreugde gou by Daan gevloei.
As talentvolle kunstenaar het hy die verhoog met bekende storievertellers soos wyle Tolla van der Merwe en Jan Spies gedeel. Sy optrede by Republikein en FNB Namibië se jaarlikse Windhoek Woordfees is enkele jare gelede net so goed ontvang.
Daarby was hy ‘n meester op sy selfgemaakte instrument – ‘n teekis, ‘n besemstok wat op ‘n bierprop rus en gespande tou onder uit die buik van die kis – waaruit hy die mooiste nootvas klanke opgetower het.
“Geen snaar kan breek nie. Jy hoef hom nie in te stem nie. Jy speel hom net,” het Daan altyd aan belangstellendes verduidelik.
In damaraskaapkringe was hy bekend vir die pionierswerk saam met sy oorlede oom, mnr. Toy Maritz, om die gesogte Kaokoland-genetika vas te lê, wat later die weg uit sy stoetery na Suid-Afrika en selfs Amerika gevind het.
Daan was 33 jaar gelede ‘n stigterlid van die Damaraskaaptelersgenootskap. Geskiedenisboeke in sy besit oor die oorsprong van dié skaapras uit Oos-Asië en Noord- en Midde-Afrika het toe handig te pas gekom vir onder meer die opstel van rasstandaarde. Op die Windhoek-skou is van sy spogdiere gereeld as kampioene gekroon.
“Sy gelukkigste dag was toe sy ram Weerlig in 2013 as die kampioen van kampioene op dié skou gekroon is. Teling was sy voorliefde, want Daan het geglo om ‘n lang pad met sy rasegte diere te stap om hulle tot hul reg te laat kom,” sê Sarona.
Daan kon ook in ‘n stadium die wêreldrekordprys vir ‘n damaraskaapram agter sy naam skryf.
Van sy rooi brahmane spog ook met skoutoekennings.
Die afgelope skoujare was die Weerlig-egpaar sterk steunpilare vir hul oudste seun, Danie, en sy vrou Carina se gewilde skourestaurant, Orpheus Plaasprodukte, op Grootfontein en in Windhoek.
Vanweë die baie reëlings wat met ‘n plaasbegrafnis gepaard gaan, sal Carina vanjaar alleen die restaurant met ander hulp beman – die eerste keer sonder skoonpa.
Op natuurgebied het Daan twee keer per jaar ‘n span bymekaar gemaak om die Torrabaai-hengelgebied skoon te maak. Uit dié welwillendheidswerk van hom het die organisasie met die gepaste akroniem Neat (Namibia Environment Action Trust) in die negentigerjare op die been gekom waarvan hy die stigterpresident was.
Die uiteindelike doelwit was om die Torrabaai-skoonmaakveldtog na die res van die land uit te brei – ‘n droom van Daan wat nog verwesenlik moet word.
‘n Heuglike viering vir die Van Vuuren-egpaar was hul 45ste huweliksherdenking vroeër vanjaar. Dié twee het mekaar net drie dae geken toe hulle verloof geraak het. Drie maande later is Daan toe met Sarona, ‘n nooi van Mpumalanga, getroud.
Haar drome om haar beroep as ten volle gekwalifiseerde verpleegsuster vir ‘n wyle in Skotland te beoefen, is toe kortgeknip. Tog sou haar kwalifikasies in verpleegkunde op die ou end handig te pas kom in die afgeleë noordweste – onder siekes in die gemeenskap, op Torrabaai en in die veekuddes waar sy dikwels die ent- en spuitwerk behartig.
Daan word Sondag 6 Oktober om 10:00 in die familiebegraafplaas agter sy plaashuis ter ruste gelê waar enkele mopaniebome, eie aan die omgewing, help skadu verskaf.
Sy ouers, broer Henk en ‘n oom is ook daar begrawe. Daan is op 1 November 1944 op Outjo gebore. Sy ouers het toe reeds op Weerlig, halfpad tussen Kamanjab en Khorixas, geboer. Daan laat sy geliefde Sarona, vier kinders (Ernita van Tonder, Daan Jr, L’Wyk en Majolize Scholtz) en 10 kleinkinders tussen die vier van hulle agter.
Onder die agt kinders van wie hy die derde oudste was, word hy oorleef deur twee broers, Johan en Maritz, asook ‘n suster, Martella, wat gemoeid is met gereelde kusoptredes van die ruimtewetenskaplike dr. Japie van Zyl saam met wie sy op Outjo op skool was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie