Daar het julle dit
Daar het julle dit

Daar het julle dit

Dani Booysen
ELDRITCH FRASER SKRYF:

Geagte leiers van ons land.

Is die res van Afrika nie genoeg bewys dat "swart goud" net ongelukkigheid en verwoesting saai nie?

Aborteer asseblief die hele soektog na olie en behou die mooi natuur waarvoor Namibië wêreldwyd bekend is - en in my oë, en ek glo baie ander s'n ook, kosbaarder is as geel goud en swart goud saam.

Op n ander punt.

Julle kan die land se ekonomie weer red. Hoe?

Maklik. Gaan terug na die Here en bring godsdiens terug in ons skole en opvoeding.

Ook kan julle stop om ons rouprodukte, minerale ens. uit te voer. Skep die finale produk hier en voer dan uit. Dit het die gevolg dat julle baie meer werksgeleenthede kan skep en ook buitelandse valuta kan genereer, en sodoende kan julle weer vir ons as Namibiërs kwytskeld van die duur pryse van basiese benodighede soos elektrisiteit, water, goeie voor- en naskoolse opvoeding.

Voer die expertise in deur kundiges in eerstewêreldlande te head hunt en maak vir hulle 'n aanbod in ruil vir hul spesialiteit wat hulle nie van die hand kan wys nie.

En dan n laaste gedagte rondom die redding van die ekonomie. Sit programme in plek om ons mede-Namibiërs aan te moedig om meer aan te plant (mielies, koring, ens., ens.) en nie net op bees-, bok- en skaapboerdery te fokus nie. Ons sal so baie produseer dat ons die res van Afrika kan kos gee. Ons land het genoeg water en grond al is dit woestyngrond (dink aan Isreal), al is die water nie bolangs nie, maar ondergronds.

So daar het julle dit. So maklik soos dit.

Die Here seën.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!