Daar steek iets meer in Anin
Vanjaar vier House of Anin hul 30ste bestaansjaar.
Wat aanvanklik ’n klein, oorspronklike projek was, is nou een van die voorlopers in die Namibiese handelsmark. House of Anin is die baie bekende handgeborduurde bed- en tafellinne-onderneming.
Anin is nie net ’n naam nie, dit beteken “baie voëls” in Nama. En “baie voëls” het later ’n metafoor vir die onderneming geword.
Dis baie duidelik hierdie besigheid sprei ná 30 jaar steeds sy vlerke.
Die Nama-mense is deel van die Khoikhoi-stam wat hoofsaaklik in die suide van Nambië voorkom.
Soos die meeste goeie dinge in Namibië het die Anin-projek ’n nederige begin gehad.
Hier is hul storie:
As ’n baie kreatiewe, moderne stadsmeisie en die vrou van ’n suskesvolle Swakara-boer, is Heidi von Hase aan die diep kant ingegooi met die werklikheid van haar man se lewenstyl.
Sy moes skielik gewoond raak aan plaasdinge soos om met vleis te werk, om groente vir die tafel te kweek en om koeie te melk.
Dit was ’n heel ander wêreld as waaraan sy gewoond was.
Die gemak van ’n dorp met groot supermarkte het verdwyn.
Nie lank daarna nie het Heidi en haar man met ’n gesin begin. Haar kreatiwiteit was geensins gedemp ná sy vier dogters grootgemaak het nie. Heidi het net vir die regte oomblik gewag.
Haar passie vir mense was weer vuur en vlam ná sy gesien het hoe haar medemens in haglike omstandighede woon, terwyl sy alles het wat haar hart begeer.
Wat vir haar die ergste was, was dat hierdie mense in ’n informele nedersetting, nie ver van hulle plaas af nie, gewoon het.
Heidi het die vroue van die gemeenskap se talent vir borduurwerk raakgesien.
Borduurwerk is ’n vaardigheid wat in die vroeë 1900’s by sendelingvroue gesien is. Later is dit van generasie tot generasie oorgedra.
Heidi het besluit om hierdie spesiale talent te ontgin.
Die eerste Anin-byeenkoms het in 1987 onder ’n kameeldoringboom plaasgevind.
Heidi het die materiaal en garing verskaf en kreatiewe insette gelewer, maar die vroue van die gemeenskap het die geleentheid gehad om self ook hul kreatiwiteit uit te leef.
Die aanvanklike motiewe was meestal van voëls en bekende tonele uit die lewe van die Hoachanas-gemeenskap.
Jong herders wat bokke in ’n kraal in jaag of ’n ma wat hoenders voor sononder verwilder was onder meer bekende tonele.
Hierdie tonele, gekombineer met die beste materiaal in Namibië, het Anin se ikoniese stempel geword.
Anin se tafeldoeke, kussingslope en later beddegoed was baie populêr, maar Heidi wou die vroue se kreatiwiteit tot nuwe hoogtes voer.
Dit was nie lank nie of die toerismemark het van Anin gehoor.
Van heide en verre het mense gereis om die vroue se vakmanskap en handewerk te bewonder en om geskenke vir vriende en familie te koop.
Voor Heidi haar oë kon uitvee, het haar “klein” projekkie ’n inkomste aan min of meer 300 vroue en hul gesinne in die Hoachanas-area verskaf.
Anin maak gebruik van die beste gehalte materiaal om die borduurwerk op aan te bring. Gevolglik het hul produkte ’n maatstaf vir Namibiese kwaliteit geword, beide plaaslik en internasionaal.
Sam Nujoma het Heidi se pogings raakgesien om die gemeenskap te bevorder in ’n tyd wat Namibië geweldige ekonomiese groei getoon het.
Met verloop van tyd het Anin verskeie winkels gevestig waar produkte plaaslik en internasionaal beskikbaar is.
Die toerismemark het veral aanklank by die bedlinne gevind.
Tans is daar ’n Casa Anin in Windhoek en in Kaapstad.
House of Anin het ook onlangs hulle aanlyn winkel bekend gestel weens die groot internasionale vraag vir hierdie oorspronklike produkte.
Intussen het die besigheid hoofstad toe getrek waar ’n lojale groep vroue van Hoachanas voltyds in ’n fabriek werk.
Met die groot vraag na hul produkte het Heidi-hulle oorweeg om die borduurwerk grootskaals te produseer, maar die publiek het nie van die idee gehou nie.
Dit is toe dat House of Anin hul fokus opnuut op die Hoachanas-vroue se handwerk en talent gerig het. Dit was immers die begin van hul sukses.
Vandag is Anabel Loubser, Heidi se dogter, en haar man, Stephan Loubser, in beheer van House of Anin.
Hulle beskou die besigheid as meer as net ’n familieprojek.
Dit is ’n plek waar mense saam werk, lag en huil.
Hulle is goed vir hul werknemers, want hul werknemers is goed vir hulle.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie