Dade het gevolge
Dade het gevolge

Dade het gevolge

Estelle de Bruyn
Die summiere afdanking van twee ministers, me. Pendukeni Iivula-Ithana en mnr. Jerry Ekandjo, is waarskynlik die openingsalvo in pres. Hage Geingob se aankondiging verlede jaar dat 2018 die jaar gaan wees waarin rekenskap gegee sal word.

Al is geen redes deur Staatshuis verstrek vir dié afdankings verlede week nie en al het Geingob alle reg om ministers af te dank aangesien hy hulle aangestel het, hang heelwat vrae nog in die lug.

Iivula-Ithana is allerweë as ‘n harde werker beskou en onder haar leiding is drastiese verbeterings in die ministerie van binnelandse sake en immigrasie te weeg gebring. Ekandjo daarenteen is, wat sy portefeulje betref, min van gehoor. Nasionale diens, jeug en sport is byna ‘n vergete ministerie.

Dat albei van hulle egter politieke heethoofde is wat in die aanloop tot die Swapo-kongres in 2017 geen geheim van hul misnoë met Geingob gemaak het nie, is ook seker. Ondanks al die versoenende uitsprake, of eerder “witvoetjie soekery”, na afloop van die bekendmaking van die kongres se uitslae, het dit waarskynlik nou teruggekom om hulle te byt.

‘n Mens kan nie die staatshoof die een oomblik daarvan beskuldig het hy die party se waardes vergeet het en niks werd is nie, en die volgende oomblik sê “ons is een span en gaan vorentoe saamwerk nie.”

Politici moet onthou dat hul dade en woorde gevolge het. Hoe hoog eerlikheid ook geag word, het dit niemand nog ooit enige skade berokken om die wag voor die mond te hou en diplomaties te wees nie.

Iivula-Ithana en Ekandjo se woorde en dade het hulle nou ingehaal.

Daar is nog geen duidelikheid oor wie Geingob in hul poste gaan aanstel en of die afdankings nou die weg vir Geingob gebaan het om sy kabinet meer omvangryk te skommel nie. Dalk wag daar nog ‘n paar verrassings vir ministers wat nie aan hul prestasie-ooreenkomste voldoen het nie.

The New York Times, 4 February 2018

Kenya on the brink again

It has been depressing to watch as Kenya’s presidential election saga has gone from fraud to hope to sham, and now to dangerous brinkmanship. It’s hard to see what the opposition leader, Raila Odinga, hopes to achieve with his faux inauguration as the “people’s president,” or what President Uhuru Kenyatta plans to do next now that he has outlawed Mr. Odinga’s National Resistance Movement. The space for a democratic resolution of the crisis has grown mighty thin, but the alternative could be disastrous.

What intensifies the feud is the fact that elections in Kenya are a fierce struggle for power and spoils between parties often organized along ethnic lines.

Both sides need to step back before it’s too late. Business and civil society leaders and international diplomats must use whatever leverage they have to press both sides for restraint and some sign of a willingness to talk and compromise.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer