Dadel-oes in volle gang
Hier sorteer seisoenale werkers van Karas Date Farming stroopsoet Medjool-dadels wat tans op die plaas Haakiesdoorn op die oewer van die Oranjerivier geoes word. Dié dadelboerdery word deur die Suid-Afrikaanse landboumaatskappy, ZZ2, in samewerking met Namibiese aandeelhouers bedryf. Volgens mnr. Bertus Venter, projekkoördineerder, word 'n oesopbrengs van meer as 400 ton verwag. Die dadels sal hoofsaaklik na die Verenigde Koninkryk, Europa en die Verenigde Arabiese Emirate uitgevoer word. Lees in die April-uitgawe van Die Boer meer hieroor. Foto Ronelle Rademeyer
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie