Dag vir wêreld se wildlewe op Omatjete gevier
Francoise Steynberg
Drie olifante in die Erongostreek is met nekbande toegerus om hul bewegings dop te hou, gemeenskappe betyds van hul teenwoordigheid te waarsku, en mens-dier-konflik te voorkom.
Só het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, Sondag tydens Wêreldwildlewedag-vieringe op Omatjete in die Erongostreek gesê.
Die Verenigde Nasies (VN) se tema vir vanjaar se geleentheid is “Life below water: for people and planet”.
Die ministerie het besluit om dié dag op Omatjete te vier, waar waterinfrastruktuur vir gemeenskappe en alternatiewe waterpunte vir olifante opgegradeer is om mens-dier-konflik in dié gebied te verminder.
Die damme vir olifante is deur die ministerie van die omgewing en toerisme gebou en die waterinfrastruktuur vir gemeenskappe is deur die ministerie van landbou, water en bosbou voorsien.
“Elf boorgate is opgeknap, agt is met nuwe sonpompe toegerus en vier damme is vir olifante gebou. 'n Stoorplek vir gemeenskappe se veevoer is ook opgerig,” het Shifeta gesê.
Volgens hom hou mens-dier-konflik steeds baie uitdagings in vir veral gemeenskappe wat met wilde diere saamleef.
“Mens-dier-konflik lei tot vee- en gewasverliese, skade aan waterinfrastruktuur en in sommige gevalle mense moet mense met hul lewe boet,” het Shifeta gesê.
Die minister het ook van die geleentheid gebruik gemaak om teen wildstropery te waarsku.
“Entoesiasme moet heers oor wild as deel van landelike gemeenskappe se natuurlike erfenis, asook 'n sterk sin van eienaarskap van wildhulpbronne,” het Shifeta gesê.
Hy sê 'n sterk regulerende en moniteringsraamwerk vir die gebruik van wildhulpbronne is vir eie gebruik, handel en bewaringsjag nodig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie