Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Westelike Khomas se lede vergader

Dié boerevereniging hou môre om 14:00 ‘n ledevergadering by Harmonie. Kontak Jackie Jacobs by 081 243 1960 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Kursus vir Braunvieh-teler

Hierdie telersgenootskap bied vandag en môre ‘n beoordelaars-/keuringskursus aan in samewerking met Martin Seyffertaan op Junior Versfeld se plaas, Devonby, by Gobabis. Kontak Henriëtte le Grange by 081 124 9670 as jy dit nog wil bywoon.

Dordabis BV hou ledevergadering

Lede word herinner aan hierdie boerevereniging se vergadering Donderdag om 13:00 in die BV-saal. Die gasspreker is Queran Kannemeyer van Transtech Distribution. Kontak Christine Romeis by 061 231 230 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Boerbokkursus by Tsumin aangebied

Die junior en senior Boerbokkursusse vir 2017 sal op 12 en 13 Julie by Tsumis Landboukollege aangebied word. Dit begin om 09:00 op 12 Julie, kos N$950 en sluit die volgende in: een nag se verblyf in ’n koshuistipe tuiste (eie beddegoed word vereis, gesamentlike stort- en wasbakgeriewe is beskikbaar, alle fasiliteite is opgeknap en baie netjies), ligte verversings, twee middagetes, een aandete en een ontbyt. Alle inskrywings moet by die telersgenootskap se kantoor in Windhoek gedoen word. Kontak Linda Sterkenburg by 061 252 994 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Winterdag op Kamanjab aangebied

Hierdie boerevereniging bied op 15 Julie ‘n Winterdag in die BV-saal aan. Die program begin om 09:00 en sluit 'n interessante aandprogram in. Aqualand sal ‘n praatjie/demonstrasie oor groentetonnels en drupbesproeiing gee en ‘n kursus oor selfverdediging/selfbewustheid, plaasveiligheid en handwapenvaardigheid word aangebied. Om 18:00 begin die Kamanjab-distrikswag se aandete en dans, met 'n veiling en kaartjietrekking. Registrasie beloop N$150 vir volwassenes en toegang vir kinders is gratis. Kaartjies is beskikaar by Kamanjab Algemene Handelaar, Central Hotel, Omaruru en RE Supplies in Windhoek. Vir verdere besonderhede, kontak Willem Smith by 081 129 2835.

Cymot hou ‘n handelskou

Cymot hou sy jaarlikse handelskou eerskomende Vrydag en Saterdag by Windhoek se skougronde. Vrydag begin die program om 12:00 en duur tot 18:00 en Saterdag duur dit van 10:00 tot 16:00. ‘n Kompetisie word ook aangebied waar groot pryse gewen kan word. Kontak Cymot by 061 295 6000 om aan te meld.

Woon Bonsmara-keurings by

Boere wat belangstel in die Bonsmara-ras kan nou praktiese ervaring kry deurdat hulle in die tydperk van 3 Julie tot 5 Augustus ‘n inspeksie/keuring bywoon. Kry die kontakbesonderhede van ‘n teler in jou omgewing by www.bonsmaranamibia.com. Kontak daardie betrokke teler en vind uit of jy die dag waarop sy stoet se keuring plaasvind as ‘n gas kan bywoon. Verdere reëlings kan met die teler getref word. Die Bonsmara-telers en -keurders is bewus van hierdie uitnodiging en sien uit daarna om gekontak te word en die Bonsmara-ras bekend te stel.

Weiding onder die loep

Die 21ste Nasionale Weidingsforum vind van 17 tot 19 Julie by die Out of Africa-lodge op Otjiwarongo plaas. Die tema is “Weiveld in ‘n veranderde wêreld – die bestuur en verstaan van Namibiese savannah-weiding”. Registrasie is gratis aangesien die Duits-Namibiese navorsingsprojek, Optimass, dit borg. Sake wat bespreek sal word, is verbossing, die uitwerking van brande, kuddebestuur, toegang tot markte en nog meer. ‘n Uitstappie word beplan vir 19 Julie na die Waterberg-gebied. Mense wat belangstel om deel te neem, moet die volgende inligting stuur aan [email protected]: hul naam en van, e-posadres, van watter organisasie jy is en of jy die uitstappie wil meemaak. Besoek www.optimass.org/21st-namibian-rangeland-forum.html, of kontak Harald Marggraff by 061 237 838.

Suiwelprodusente hou dinee, vergadering

Die Suiwelprodusentevereniging se dinee en ledevergadering vind op 18 en 19 Julie by die Xain Quaz-ruskamp buite Gobabis plaas. Die dinee is die aand van 18 Julie en verskeie toekennings sal aan suiwelprodusente gemaak word. Lede vergader op 19 Julie en die tema van die vergadering is biosekuriteit as maatstaf vir goeie kwaliteit in die melkbedryf. Die hoofspreker is Jompie Burger van Dairy Standards SA. Anton Faul van die Landbouhandelsforum (ATF) sal lede toespreek oor die suiwelbedryf in ‘n globale konteks.

Karibib se lede vergader

Hierdie boerevereniging hou ‘n vergadering op 22 Julie om 16:00 op die Schneiders se plaas, Habis. Kontak Doris Gladis by 061 237 400 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Onthou Wilhelmstal-Okasise se vergadering

Lede word herinner aan die vergadering op 25 Julie om 15:00 in die BV-saal by Wilhelmstal. Kontak vir Maja von Reeken-Fug by 062 503 949 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.9 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.28 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1889.62 Up +2.40% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14282.71 Up +0.63% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31250.64 Up +1.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 659.72/OZ UP +0.06% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0096 | Zinc US$ 3 007.30/T DOWN 0% | Brent Crude Oil US$ 73.63/BBP DOWN -0.0211 | Platinum US$ 986.43/OZ DOWN -0.0019 #N/A