Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Elvira Hattingh
Agra ProVision bied veeteeltkursus aan

Agra ProVision bied van 9 tot 10 Julie ‘n veeteeltkursus in Windhoek aan. Voerbehoeftes, parasiete, inentings en nog meer word bespreek en ‘n praktiese sessie word ook aangebied. Die kostes beloop N$2 000 per persoon. Vir meer inligting, kontak Agra ProVision by 061 2909 208 of [email protected].

Kaiserstraat BV gesels oor boskos

Hierdie boerevereniging hou sy algemene jaarvergadering op 11 Julie om 17:30 in die raadsaal by die Namibië Landbou-unie (NLU). Boskos is die gespreksonderwerp, met ‘n gasspreker wat dit as droogtevoer-opsie sal bespreek. Daar sal ook uitstallings van produkte wees. Meld aan deur ‘n SMS/WhatsApp na 081 644 1046 te stuur, of stuur ‘n e-pos na [email protected].

NOA-opleiding oor organiese produksie

NOA (die Namibië Organiese Vereniging) bied op 12 Julie ‘n opleidingskursus van 08:30 tot 17:00 in die Namibië Landbou-unie se raadsaal aan oor organiese standaarde, asook oor vereistes vir organiese sertifisering. Die vereniging sal belangstellendes oor ‘n deelnemende waarborgstelsel (Participatory Guarantee System – PGS) inlig.

Organiese standaarde is die reëls en regulasies wat bepaal hoe ‘n organiese produk geproduseer moet word en enige voedsel wat as “organies” aangedui word, moet ten minste hierdie standaarde nakom. Die standaarde dek alle aspekte van voedselproduksie – van dierewelsyn, dierevoeding, groente, vrugte en sampioenproduksie tot voedselverwerking en -verpakking.

Produsente wat beplan om organies te produseer, behoort hierdie opleiding by te woon, wat deur me. Mareike Aufderheide-Voigts en me. Manjo Krige aangebied word. Die opleiding kos N$250 vir NOA-lede, terwyl nielede N$400 betaal en studente dit gratis kan bywoon. Belangstellendes kan NOA by [email protected] kontak.

Suiwelprodusente vergader by Mariental

Dit is weer tyd om suiwelprodusente te vereer vir goeie gehalte melk wat gelewer is. Daarom hou die Suiwelprodusentevereniging (SPV) sy jaarlikse dinee op 15 Julie op die plaas van sy voorsitter, Kokkie Adriaanse, buite Mariental.

Op 16 Julie word die algemene jaarvergadering ook hier aangebied, met dr. Tom Tolmay en me. Liza-Marie Taljaard as die gassprekers. Die onderwerpe is die gesondheid en sorg van ‘n melkkudde en die grootmaak van kalwers op Blossom. Daar sal ook ‘n praktiese demonstrasie wees.

Hochfeld BV hou ‘n ledevergadering

Hochfeld Boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 16 Julie om 15:00 by die Hochfeld Agri Boereverenigingsaal. Gassprekers is mnre. Michael Degé van die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) wat oor bosbenutting praat en Werner Kruger van KaapAgri wat oor produkte en dienste by die Hochfeld-tak praat. Vir verdere inligting, kontak me. Bianca Marggraff by 062 504211 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!