Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Elvira Hattingh
KALKFELD HOU LEDEVERGADERING

Kalkfeld BV hou op 14 November om 08:00 vir 08:30 ’n ledevergadering op mnr. W. Behr en me. G Groenewaldt se plaas Helenenhof. ‘n Plaasbesigtigingstoer word aangebied en die dag word met ‘n braai afgesluit. Meld voor 6 November by me. Gudrun Groenewaldt aan (081 6684726 of [email protected]). Verdere navrae kan aan me. Silke von Gossler gerig word (081 1490887 of [email protected]).

MALTAHÖHE HOU LEDEVERGADERING

Maltahöhe BV hou op 23 en 24 November ‘n ledevergadering en jaarafsluiting te Büllsport. Op 23 November begin die program om 09:00 en die sprekers is me. Nicole Grünhert, wat oor die geologie van die Naukluft praat, en mnr. Peter Bridgeford, wat oor die voëls van die Naukluft praat. Om 18:00 word ‘n wynproe aangebied en ‘n chili con carne-potjie gemaak, met DJ Stefan Peim wat vir die musiek sal sorg. Toegang vir nielede kos N$200. Op 24 November om 07:00 word met ‘n ontbyt afgeskop en om 08:00 word ‘n 4x4-toer op die Naukluft-plato aangebied. Die dag word om 18:00 met ‘n braai, musiek en dans afgesluit. Om verblyf by Büllsport te reël, stuur ‘n e-pos aan [email protected]. Vir verdere besonderhede, kontak mnr. Ernst Sauber, (081 1494963 of [email protected]).

KARIBIB HOU VERGADERING

Karibib BV hou op 24 November om 17:00 ‘n vergadering by Etusis Lodge. Verblyf is by Etusis Lodge beskikbaar. Kontak me. Monica Kesslau by [email protected]. Vir verdere besonderhede, kontak me. Doris Gladis (081 1272180 of [email protected]).

NLU AGRIBRAAI

Die NLU AgriBraai word volgende jaar op 29 en 30 Maart by die Hage Geingob-stadion in Windhoek gehou. Verdere besonderhede volg binnekort. Navrae kan aan Corné Kruger (063 264135 of [email protected]) gerig word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer