Dagboek vir die landbouer
Leonardville kuier
Leonardville-boerevereniging hou ’n boerekuier op 12 Oktober om 18:00 vir 18:30 by die boereverenigingsaal. Kontak me. Johannie Brenkmann by 081 122 4178 of [email protected] vir verdere besonderhede.
Steinhausen-Oktoberfest
Steinhausen-boerevereniging bied die Steinhausen-Oktoberfest op 12 Oktober om 11:00 aan. Verskillende speletjies, kindervermaak, en ’n kuier- en dansgeleentheid word aangebied. Kampeergeriewe is beskikbaar. Kontak me. Monika Rumpf by 081 333 1113 of mnr. Harald Horsthemke by 081 275 7078 vir verdere besonderhede.
Summerdown-ledevergadering
Summerdown-boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 15 Oktober om 15:00 in die boereverenigingsaal. Gassprekers is mnre. Alwyn de Wet van Welwitschia en Riaan Esterhuizen, ‘n finansiële raadgewer by Bank Windhoek. Kontak me. Rienie du Plessis by 062 561 621 of [email protected] vir verdere besonderhede.
Steinhausen vergader
Steinhausen BV hou ’n algemene vergadering op 23 Oktober om 15:00 op die plaas Steinhausen. Die gasspreker is mnr. Bertram Swartz van die direktoraat waterwese in die ministerie van landbou, water en bosbou. Kontak me. Monika Rumpf by 062 561 423 of [email protected] vir verdere besonderhede.
Veiligheidsdemonstrasie
Isap (Intelligence Support against Poaching) bied ‘n GEW Hensoldt SA-voorlegging en demonstrasie aan oor die jongste veiligheids- en bewakingstegnologie vir wild, maar ook vir grensposte, kus- en maritieme bewaking, kritieke infrastruktuur en die bewaking van lugruimte. Dit sal op 21 en 22 Oktober plaasvind. Dit begin om 15:00 en die nagdemonstrasie skop om 19:00 by die Isap-opleidingsgeriewe op Ovita Ranch naby Erindi af. Belangstellendes kan by Isap aanmeld deur ’n e-pos na [email protected] te stuur of 081 128 8481 te skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie