Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Henriette Lamprecht
Witvlei hou ledevergadering

Witvlei BV hou 'n algemene ledevergadering môre om 15:00 in die ­Boerehuis op Witvlei. Afgevaardig­des sal terugvoering gee oor die Vooruitskouingskonferensie asook die afgelope kongresse van die Namibië Landbou-unie (NLU) en die Lewendehaweprodusente-­organisasie (LPO). Vir meer inligting, kontak me. Renda Grobbelaar by 081 304 1299 of [email protected].



Helmeringhausen

'n Dag van verootmoediging voor God word môre van 09:00 tot 16:00 by die boereverenigingsaal op Helmeringhausen gehou. Die sprekers is ds. Awie van Wyk van die Kalahari-bediening en mnr. Japie Borman van Botswana. Middagete is van 13:00 tot 14:15 en elke gesin bring 'n bord eetgoed saam. Kontak me. Lizelle Murray by 081 719 5689 vir meer besonderhede.



Veiligheidsdemonstrasie ­gekanselleer

Isap (Intelligence Support Against Poaching) se GEW Hensoldt ­SA-voorlegging en demonstrasie oor veiligheid is gekanselleer, wat op 21 en 22 Oktober op Ovita Ranch sou plaasvind.



Steinhausen vergader

Steinhausen BV hou 'n algemene vergadering op 23 Oktober om 15:00 op die plaas Steinhausen. Die gasspreker is mnr. Bertram Swartz van die direktoraat waterwese in die ministerie van landbou, water en bosbou. Kontak me. Monika Rumpf by 062 561 423 of [email protected] vir verdere besonderhede.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!