Dagboek vir die landbouer
Maltahöhe BV sluit die jaar af
Hierdie boerevereniging hou sy jaarafsluiting vandag en môre op die plase Ginas en Kronenhof van die Venter- en Du Preez-gesinne. Vandag word ’n pretdag gehou met kleiduif-skyfskiet en ‘n lekker kuier. Die aand word ’n braai gehou. Môre vind die ledevergadering en algemene jaarvergadering plaas. Verskeie borge ondersteun die twee dae. Die aand word weer met ‘n braai afgesluit en dié wat nog krag het, kan dans en kuier. Vir verdere inligting, kontak Christian Otto by (063) 293 512, 081 226 9518 of [email protected].
Namib Mills bied inligtingsdae aan
Namib Mills se jaarlikse inligtingsdae vir akkerbouers vind op onderskeidelik 20 November om 16:00 by Otavi Mills en 21 November om 16:00 by die gholfklub op Mariental plaas. Mnr. Wessel Lemmer, senior landbouekonoom van Absa Agribusiness, sal praat oor die impak van die ekonomie op produsente. Mnr. Daan van der Merwe, eienaar van JDE Agri Implements CC, kom deel inligting oor nuwe landboutegnologie. Die onderskeie aande word afgesluit met ‘n ligte geselligheid. Meld aan by Rina Hough van die NLU by (061) 237 838 of [email protected].
Keetmanshoop SLU vergader
Hierdie streekslandbou-unie se jaarvergadering vind op 23 November om 08:00 by die Central Lodge op Keetmanshoop plaas. Kontak vir Ernst Blaauw by [email protected] of Amelia van Rooyen by (063) 280 677 of [email protected].
Prysuitdeling vir kleinveeprodusente
Natural Namibian Meat Producers (Pty) Ltd /Aranos Abattoir (NNMP) hou sy prysuitdelingseremonie op 24 November tydens die Aranos BV se jaarafsluiting. Die prysuitdeling is vir produsente wat die hoogste getal lewende hawe gedurende die jaar tot einde Oktober by NNMP geslag het. Mnr. Sarel Oberholzer, eienaar en direkteur van NNMP, sal by die prysuitdeling teenwoordig wees en FNB sal kontantpryse oorhandig. Vir verdere besonderhede, kontak Adele Visser by (063) 272 462 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie