Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Elvira Hattingh
Kalkfeld hou ledevergadering

Kalkfeld-boerevereniging hou ’n ledevergadering om 08:00 vir 08:30 op 12 November op die plaas Eremutua. Die sprekers is mnr. Gerhard Weber en ’n verteenwoordiger van Marsh Versekering. Kontak Almut Koch voor 1 November by 081 249 2835 of [email protected].

Leonardville se jaarafsluiting

Leonardville-boerevereniging hou ’n jaarafsluiting op 19 November om 17:00 in die boereverenigingsaal. Kontak Johannie Brenkmann by 062 561440 of [email protected] vir verdere inligting.

Westelike Khomas se jaarafsluiting

Westelike Khomas-boerevereniging hou hul jaarafsluiting op 23 November van 18:00 af in die boereverenigingsaal. Dit is ’n bring-en-braai. Vir meer besonderhede, kontak Amanda Greeff by 081 2596108 of [email protected].

Napha-jaarvergadering

Die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha) hou hul jaarvergadering op 26 November om 07:30 by Droombos, Windhoek. Van 18:30 af vind ’n spitbraai plaas en kostes beloop N$300 per persoon vir die aand se verrigtinge. Kontak Napha voor 10 November by 061 234 455 of [email protected].

Fietsry vir Dare to Care

Van 28 tot 30 November gaan ’n groep vrywilligers 376 km met bergfietse van Otjiwarongo na Torrabaai ry om geld vir die Dare to Care-droogtehulpfonds in te samel. Alle deelnemers is besigheidsmanne of boere wat deur die droogte geraak word. Hulle het borgskappe nodig om hulle per kilometer te borg, maar ander borgskappe is ook welkom. Kontak Len de Jager (081 236 3713), Herman Lintveld (081 129 9987 of Dirk Potgieter (081 127 8200) vir meer besonderhede.

NCA Tegnologie-dae

Die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) bied tegnologiedae op 20 en 21 November van 09:00 tot 16:00 op die plaas Aimeb in die Outjo-distrik aan. Tydens die geleentheid sal nuwe, omgewingsvriendeliker kilns, of verbrandingsoonde, bekend gestel word. Praktiese sessies vir briketvervaardiging word vir plaaswerkers aangebied, terwyl biokoolstof (biochar)-uitstallings en veel meer te sien sal wees. Toegang is gratis, maar belangstellendes moet voor 15 November by die NCA registreer (067 304 220).

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer