Dagboek vir die landbouer
Osire-Waterberg-BV vergader
Die Osire-Waterberg-boerevereniging vergader 25 Februarie om 15:00 ’n hul boereverenigingsaal. Die gasspreker is mnr. Frans Krone, wat droogtehulpfinansiering sal bespreek. Vir meer besonderhede, kontak me. Natasha McLoud by 067 303 390 of [email protected].
Geldinsameling vir Droogtehulp Namibië
’n Potjiekoskompetisie en ’n dans met die Klipwerf Boere-orkes word op 7 Maart ten bate van Droogtehulp Namibië aangebied. Die potjiekoskompetisie begin om 08:30 by Windhoek Gimnasium se sportvelde (langs United) in die hoofstad. Potjiekosspanne moet uit vier tot ses mense bestaan en die registrasiefooi is N$1 000. Groot pryse is op die spel, wat insluit ’n eerste prys van N$4 000 asook ’n gemsbok. Vir meer besonderhede oor dié kompetisie, skakel me. Henriette Le Grange by 081 124 9670 of me. Johanna van den Heever by 081 716 8728. Die dag word afgesluit met ’n Klipwerf Boere-orkes-dans by Windhoek Gimnasium. Kaartjies kos N$300 per persoon en sluit ’n ete in. Bespreek by 081 124 9670 of [email protected].
Agra ProVision-kursusse
Agra ProVision bied die volgende kursusse in Windhoek aan: ’n Lek- en voerkursus asook ’n hidroponiese en akwaponiese kursus van môre tot 19 Februarie, en ’n kursus oor kommersiële varkproduksie van 25 tot 27 Februarie. Al die kursussue kos N$2 300 per persoon, buiten die kursus oor varkproduksie, wat N$2 750 per persoon kos. Kontak Agra Provision by 061 290 9208 of [email protected].
Kompetisie om met skoolfonds te help
Privaatskool Excelsior op Aroab bied ’n kompetisie aan om ouers wat weens die afgelope droogte swaarkry, te help om skoolfonds te betaal. Kaartjies kos N$50 en groot pryse is op die spel: ses nagte by Gondwana, ’n Tikka-geweer ter waarde van N$39 750, asook jagpakette wat beeste, koedoes, gemsbokke, springbokke en skape insluit. Vir meer besonderhede, kontak Charlene Lombard by 081 401 2548 of stuur ’n e-pos aan [email protected].
Opleidingskamp vir plaaswerkers
Dassies Farm Workers Training bied plaaswerkers ’n eerste-in-sy-soort opleidingskamp, waartydens praktiese en teoretiese opleiding gegee sal word oor onder meer dosering, die tel van diere, draadspan en tuinbou. Maatskaplike kwessies soos gesondheid en veiligheid, higiëne, geslagsgeweld, kommunikasie, die belangrikheid van ’n plaaswerker en alkohol- en dwelmmisbruik sal ook aangespreek word. Die opleiding begin op 3 April op die plaas Dassiesfontein, 30 km buite Mariental. Inskrywings sluit 28 Februarie 2020 en kos N$2 500. Vir inskrywingsvorms of meer inligting, kontak die organiseerders by [email protected], 081 637 7711 of 081 294 2113.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie