Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Namib Mills bied inligtingsdag aan

Namib Mills se jaarlikse inligtingsdae vir akkerbouers het afgeskop en die tweede een vind vandag om 16:00 by die gholfklub op Mariental plaas. Mnr. Wessel Lemmer, senior landbouekonoom van Absa Agribusiness, sal praat oor die impak van die ekonomie op produsente. Mnr. Daan van der Merwe, eienaar van JDE Agri Implements CC, kom deel inligting oor nuwe landboutegnologie. Die aand word afgesluit met ‘n ligte geselligheid. Meld aan by Rina Hough van die NLU by (061) 237 838 of by [email protected].

Leer pelse sorteer

Swakara bied môre en Donderdag ‘n pelssorteringskursus by die pelssentrum in Windhoek aan. Vir verdere besonderhede, kontak Jenny Korner by (061) 290 9311 of Adolf Awaseb by 061 290 9304.

Keetmanshoop SLU vergader

Hierdie streekslandbou-unie se jaarvergadering vind Donderdag om 08:00 by die Central Lodge op Keetmanshoop plaas. Kontak vir Ernst Blaauw by [email protected], of Amelia van Rooyen by (063) 280 677 of by [email protected].

Prysuitdeling vir kleinveeprodusente

Natural Namibian Meat Producers (Pty) Ltd /Aranos Abattoir (NNMP) hou sy prysuitdelingseremonie Vrydag tydens die Aranos BV se jaarafsluiting. Die prysuitdeling is vir produsente wat die hoogste getal lewende hawe gedurende die jaar tot einde Oktober by NNMP geslag het. Mnr. Sarel Oberholzer, eienaar en direkteur van NNMP, sal by die prysuitdeling teenwoordig wees om kontantpryse te oorhandig. Vir meer inligting, kontak Adele Visser by (063) 272 462 of by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-02-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 21° Rundu: 19° | 24° Eenhana: 20° | 26° Oshakati: 21° | 28° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 20° | 26° Otjiwarongo: 19° | 29° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 19° | 28° Henties Bay: 19° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:10, High tide: 03:10, Low Tide: 21:20, High tide: 15:22 Swakopmund: 18° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:08, High tide: 03:08, Low Tide: 21:18, High tide: 15:20 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 09:08, High tide: 03:07, Low Tide: 21:18, High tide: 15:19 Rehoboth: 22° | 32° Mariental: 26° | 36° Keetmanshoop: 27° | 37° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 28° | 40° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 27° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 17° | 25° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 21° | 30° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 19° | 27° Durban: 20° | 28° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 19° Harare: 17° | 23° #VALUE! #VALUE!