Dagboek vir die landbouer
Hoe om jou plaas suksesvol te meet
AgriCulture Alive bied vanaand om 18:00 ‘n praatjie deur Gunther Roeber oor die algemeenste getallemetings vir lewendehaweproduksie aan.
Dit vind plaas by Jeppestraat 2 in die noordelike nywerheidsgebied (agter Wecke & Voigts Wholesale) en registrasie beloop N$150 per persoon. Vir verdere inligting, kontak Roeber by [email protected].
Skryf in vir dié kursusse
Agra ProVision bied die volgende kursusse aan: ‘n Hidroponie- en akwaponie-kursus vandag en môre in Windhoek, en een oor skrophoenderproduksie van 8 tot 10 Oktober op Otjiwarongo.
Die kursusse duur van 08:00 tot 16:30 en kos N$2 300 en N$2 800 onderskeidelik. Kontak Agra ProVision by (061) 290-9802 of [email protected].
Bekende dr. Gerhard Verdoorn by skou
Die bekende bewaarder van Suid-Afrika, dr. Gerhard Verdoorn, sal Donderdag by Agra se stalletjie by die Windhoek Skou ‘n praatjie oor die sekondêre vergiftiging van diere lewer. Hy sal van 12:00 tot 17:00 daar wees.
Namib Mills hou inligtingsdag
Akkerbouers word uitgenooi na Namib Mills se inligtingsdag wat onderskeidelik môre by Namib Mills Otavi (15:00) en Donderdag by die Mariental-sportklub (18:00) sal plaasvind. Die sprekers is Wessel Lemmer en Herman van Rensburg. Lemmer gaan oor die ekonomie in die algemeen, asook die oes- en prysverwagtinge vir mielies en ander gewasse praat.
Van Rensburg was verlede jaar Suid-Afrika se jong boer van die jaar, en hy gaan oor sy boerdery gesels, wat in ‘n reënvalomgewing soortgelyk aan Namibië s’n is.
Hy sal ook kyk na praktiese grondbewerking, plant, onkruidbeheer, bemesting, plantbestandheid en veral risikobestuur en meganisasie.
Kontak Rina Hough by [email protected] of (061) 237-838 vir navrae.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie