Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Summerdown se lede ­vergader

Hierdie boerevereniging se lede ­vergader vandag om 15:00 in die ­BV-saal. Die gasspreker is die uitvoerende bestuurder van die NLU, mnr. Roelie Venter. Kontak vir Rienie du Plessis by 081 285 2169 of [email protected].



Leer van veeteelt op Gobabis

Agra ProVision bied vandag en môre 'n veeteeltkursus op Gobabis aan. Dit duur daagliks van 08:00 – 16:30 en onderwerpe wat bespreek sal word, is voeding, interne en eksterne parasiete, inentings, vitamiene en nog meer. Die kostes beloop N$2 330. Kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected].



Hoërand vier 60 jaar

Die Hoërand BV vier sy 60ste bestaansjaar eerskomende naweek by Sandrücken (plaas Witdam van Johnny Hanekom) in die Maltahöhe-distrik. Daar word met Land Rovers en ander 4x4-voertuie rondgery en die eerste roete word gery op 25 Mei vanaf 10:00 – 17:00. Die tweede roete pak die deelnemers op 26 Mei vanaf 10:00 – 17:00 aan. Verder is daar 'n jukskeikompetisie, storievertel-kompetisie, bergfietsry en nog vele meer. Die 25ste word met 'n vleisbraai, dans en kuier afgesluit en die 26ste met 'n lambraai en dans. Vir akkommodasie word 'n tentedorp opgerig en die koste beloop, saam met die etes, N$1 100 per gesin. Vir meer inligting en besprekings, kontak Herman Coetzee, 081 122,7158, Bartie Burger, 081 379,2626, Maryka Truter, 081 262,4146, of Hein Knipe by 081 734 6137. Fesia Truter sal inligting oor verblyf kan verskaf, 081 498 5208 of [email protected].



Onthou die AgriBraai-saamtrek op Gobabis

Ná 'n jaar se voorbereiding breek die groot NLU AgriBraai-kompetisie dié naweek aan.

Dit word deur die Kalahari-Oos Boerevereniging by die Gobabis-skougronde aangebied en is 'n móét vir almal in die landboubedryf. Die tema is “Cattle Country Cowboy” en Saterdag om 12:00 word 'n wildveiling ook aangebied. Vir verdere besonderhede oor hierdie lekker makietie, bel 081 261 2838 of stuur 'n e-pos na [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!