Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Maltahöhe BV hou vergadering

Hierdie boerevereniging se lede vergader môre om 09:00 op die plaas Urusis van Ernst Erni. Die gasspreker is Ernst Sauber wat 'n oorsig oor die LTR2-program vir die skandering van die beeste se oorplaatjies sal gee. Kontak vir Christian Otto by 081 226 9518 of [email protected].



Aurora Braunvieh hou veiling

Die kleinveestoetveiling wat ­Donderdag in Windhoek deur Namboer aangebied sou word, is vervang met stoetveeveiling deur Aurora Braunvieh. Dit begin om 12:00. Kontak Namboer by 061 259 607 vir meer inligting.



Keetmanshoop slu vergader

Die Keetmanshoop streekslandbou-unie vergader Donderdag om 08:00 by die Central Lodge, Keetmanshoop. Verdere navrae kan gerig word aan Amelia van Rooyen, [email protected] of Ernst Blaauw, [email protected].



Kursus vir ­Meat­master-beoordelaars

Die Meatmaster Telersgenootskap bied kursusse vir beginner-, junior- en seniorbeoordelaars aan op 24 en 25 Augustus op Stampriet in die BV-saal. Die aanbieder is Jean du Plessis en sy Suid-Afrikaanse span.

Die koste beloop N$500 en 'n ­deposito is betaalbaar. Vir verdere besonder­hede, kontak vir Malinda Steyn: Tel 063 269 002, 081 333 2873 of [email protected].



Sportdag vir boereverenigings op Steinhausen

Steinhausen BV bied 'n sportdag vir boereverenigings aan op 26 Augustus om 07:00 by Steinhausen. Die ­inskrywingsfooi beloop N$300 vir 'n span van 8 lede. Die dag word met 'n dans en kuier afgesluit. Die toegangsfooi is N$50 vir almal ouer as 12 jaar en N$20 vir kinders onder 12 jaar. Vir verdere besonderhede, kontak vir Monika Rumpf by 062 561 423 of 081 333 1113.



Ope dag vir boere in Windhoek

Windhoek SLU hou 'n Agri Ope Dag op 29 Augustus om 08:00 by Windhoek se skougronde. Die gasheer is Dordabis BV en gassprekers is die president van AgriSA, mnr. Johannes Möller en die president van die NLU, mnr. Ryno van der Merwe. Verskeie demonstrasies en inligtingsessies word aangebied. Dit kos N$100 per persoon, waarby die middagete ingesluit is. Meld asb voor 24 Augustus aan by [email protected]. Vir verdere navrae, kontak vir Dawid Krause by 081 124 9415.



Leonardville se lede ­vergader

Leonardvillers word herinner aan die boerevereniging se vergadering op 31 Augustus om 17:00 in die BV-saal. Kontak vir Johannie Brenkman: Tel 062 581 108, [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!