Dagboek vir die landbouer
Maltahöhe Boerevereniging hou vergadering
Maltahöhe BV hou môre'n vergadering om 10:00 op die plaas Namseb van Aileen en Guido von Wietersheim. N-Big sal meer inligting oor boskos gee. Kontak die organiseerders by [email protected] of [email protected] om die dag by te woon. Vir meer besonderhede, kontak Ernst Sauber by 081 149 4963.
Agri Mega-dag by Kalkfeld aangebied
Kalkfeld BV hou sy 2019 Agri Mega-dag op 20 Junie om 07:30 op die familie Kahl se plaas Klein Otjikango-Oos teen die M63 Outjo-pad. Om 12:00 word 'n wildsveiling gehou en daar is ook demonstrasies van verskillende masjiene. Skakel 081 389 8552 of stuur 'n e-pos na [email protected] om aan te meld.
Meatco se jaarvergadering om die draai
Kragtens artikel 14 (8) van die Meatco-wet, Wet No. 1 van 2001, word kennis gegee aan alle geregistreerde lede van Meatco dat die 33ste algemene jaarvergadering op Vrydag 21 Junie om 09:00 by die Wanderers Sportklub in Windhoek gehou word. Kontak Meatco by 061 321 6400 vir meer inligting.
Verbeter jou kennis oor weiding
Grootfontein BV bied op 22 Junie 'n inligtingsdag oor droogte-aangepaste weiding aan wat om 08:00 afskop.
Dit word aangebied op die plaas Venus van Klaas Malan. Om 10:30 sal 'n ontbossingdemonstrasie op Plaas Ossa plaasvind waarna middagete in die BV-saal bedien word. Die sprekers is dr. Cornelis van der Waal, Colin Lindeque, Peter Zensi en Dawie Kok. Die dag word met 'n braai afgesluit. Registrasie beloop N$100, waarby alle etes ingesluit is. Meld aan by Madelein by 081 242 5456 of Beulah by 081 233 8114.
AgriBank se Agri-voorligtingsdiens bied opleiding aan
Lewendehawe-opleiding (weidingsbestuur, lekaanvulling en dieregesondheid) word vanaf 25 tot 26 Junie om 08:00 by die DAPEES-kantoor op Otavi aangebied. Kontak mnr. Wolfie von Wielligh by 081 280 3627.
Dieselfde kursus word vanaf 26 tot 27 Junie by die DAPEES-kantoor op Gibeon aangebied en begin om 08:00 (kontak mnre. Erastus Ngaruka by 081 286 2562 en Slava Motinga by 081 256 7562).
'n Vergadering vir AgriBank-rolspelers word op 1 Julie om 08:30 by die Goba Lodge, Gobabis, gehou waarna 'n voorlesing oor lewende hawe om 17:30 by dieselfde plek gehou sal word. Kontak mnre. John Venter by 081 230 6846 en Erastus Ngaruka. 'n Lewendehawe-inligtingsdag vir produsente word op 2 Julie om 08:00 by die Goba Lodge, Gobabis, gehou. Alle opleiding is gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie