Dagboek vir die landbouer
Agra ProVision se kursusse
Agra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober een oor skrophoenderproduksie. Vir meer besonderhede skakel 061 290 9208 of stuur 'n e-pos na [email protected].
Herlewingsplan vir boerdery ondersoek
Otjiwarongo BV se uitgestelde vergadering oor die herlewingsplan vir lewendehaweproduksie vind nou op 6 Oktober op die plaas Buffelhoek plaas. Die program begin om 08:00 en die aanbieder is mnr. Colin Nott. 'n Veldbesoek word om 11:00 aangebied en die program sluit om 16:00 af. Dit kos N$200 per persoon waarby ontbyt, middagete en koffie ingesluit is. Kontak vir Johan Pieterse by 067 303 315 of [email protected].
Swakarabedryf vergader
Dié bedryf se jaarvergadering vind op 6 Oktober vanaf 08:30 tot 16:00 by die Schützenhaus Hotel op Keetmanshoop plaas. Vanjaar word geen aandfunksie gehou nie. Vir verdere besonderhede, kontak Jenny Körner by 061 290 9311, [email protected] of Diolene Truter by 063 223 321, [email protected].
Westelike Khomas byeen
Hierdie boerevereniging hou 'n vergadering op 21 Oktober om 14:00 in die BV-saal by Harmonie. Vir meer inligting, kontak vir Amanda Greeff by 081 259 6108 of [email protected].
EAN bied jaarkongres
Die Ekonomiese Vereniging van Namibië (EAN) bied 'n jaarkongres oor die “maksimum benutting van landboupotensiaal vir Namibië se ontwikkeling” op 21 Oktober by die Safari Hotel aan.
Die doel is om kenners vir betekenisvolle gesprekvoering byeen te bring, waarna sleutelvoorstelle uit die konferensie in die vorm van 'n verslag met beleidsmakers, finansierders en die skenkingsgemeenskap gedeel sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie