Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Dordabis se lede vergader

Hierdie boerevereniging hou 'n ledevergadering op 8 Februarie om 14:00 in die BV-saal. Die gasspreker is mnr. Michael Bronkhorst van Alexander Forbes oor versekering vir boere en 'n spaarplan vir plaaswerkers. Kontak vir Christine Romeis by 061 231 230, [email protected].



Vergadering op die plaas ­Kroonster

Die Omuramba BV hou 'n ­vergadering op 13 Februarie om 15:00 op die plaas Kroonster by Gobabis. Kontak vir Jolandie Steyn by 081 745 2069, [email protected].



NLU hou ope dag op Gobabis

Die Gobabis SLU bied op 27 Februarie om 08:00 'n NLU ope dag aan by die Omateko Lodge op pad na Buitepos. Registrasie begin om 07:00 en die inskrywingsfooi is N$50 per persoon. Na afloop van die vergadering word daar in die namiddag 'n LTR2-kurses aangebied waar mnr. Johan de Jager die spreker sal wees. Meer inligting hieroor sal binnekort bekend gemaak word. Kontak vir Willem Boshoff by 081 241 1740, [email protected].



Toekoms van vleisproduksie onder die loep

Mariental se SLU hou op 28 Maart vanaf 07:30 'n motiveringsdag onder die tema “Die toekoms van vleisproduksie”. Verdere besonderhede kan verkry word van Antoinette Burger by 063 293 330, 081 284 2744 of [email protected].



Agra ProVision bied in ­Februarie dié kursusse aan

1. Plaasinfrastruktuur vanaf 6 – 7 Februarie op Mariental. Water infrastruktuur, krale, plaaspaaie, ens. sal bespreek word en die koste beloop N$2 330 per persoon.

2. Basiese plaasbestuur vanaf 19 – 22 Februarie in Windhoek. Die impak van behoorlike weidingsbestuur, arbeid, die belangrikheid van rekordhouding, ens. sal bespreek word en die koste beloop N$3 070 per persoon.

Vir meer besonderhede oor hierdie kursusse, kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer