Dagboek vir die landbouer
Plaasveiligheid onder die loep
Summerdown BV bied vandag ‘n inligtingsvergadering oor plaasbeveiliging aan wat om 11:00 by die BV-saal begin. Die sprekers is Frikkie Engels van die Gesamentlike Misdaasdvoorkomingsforum en ]Steven Lochner van TSU Protection Services. Kontak vir Rienie du Plessis by 081 285 2169 of [email protected].
Witvlei se lede vergader
Hierdie boerevereniging hou môre ‘n ledevergadering wat om 15:00 in die Boerehuis plaasvind. Die bevelvoerder van die polisie in die Omahekestreek sal die boere toespreeek. Vind meer hieroor uit by Renda Grobbelaar by 081 304 1299 of [email protected].
Moenie die Blumfelde-vergadering misloop
Dié boerevereniging vergadering ook môre en wel om 15:00 in die BV-saal. Verdere besonderhede is verkrygbaar by Anthia Janse van Rensburg by 062 581043 of [email protected].
Leonardville trek saam
Hierdie boerevereniging hou Donderdag om 17:00 ‘n ledevergadering in die BV-saal. Die sprekers is ‘n verteenwoordiger van Dean Nutrifeeds, die NLU se streeksverteenwoordiger vir Mariental, Jaco van Wyk en die voorsitter van die Mariental SLU, Chris Smith. Verdere besonderhede is verkrygbaar by Johannie Brenkman by 062 581108, [email protected].
Praktiese vuurwapenkursus aangebied
‘n Praktiese vuurwapenkursus word vanaf 23 – 25 Februarie op die plaas Dornhügel by Grootfontein aangebied. Dit kos N$950 per persoon en daar is ‘n minimum van 250 rondes. Vir verdere besonderhede en om aan te meld kontak vir Goetz Nederlof by 081 474 1580, [email protected].
NLU hou ope dag op Gobabis
Die Gobabis SLU bied op 27 Februarie om 08:00 'n NLU ope dag aan by die Omateko Lodge op pad na Buitepos. Registrasie begin om 07:00 en die inskrywingsfooi is N$50 per persoon. Na afloop van die vergadering word daar in die namiddag 'n LTR2-kurses aangebied waar mnr. Johan de Jager die spreker sal wees. Meer inligting hieroor sal binnekort bekend gemaak word. Kontak vir Willem Boshoff by 081 241 1740, [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie