Dagboek vir die landbouer
Wagyu kom Namibië toe
Die Wagyu Vereniging van Suid Afrika stel vandag die Wagyu-beesras aan Namibië bekend. Dit geskied by die Agra/Bank Windhoek Ring en sal van 09:00 – 13:30 duur. Toegang is gratis. Die sprekers is dr. Fanie Steyn, Brian Angus, dr. Michael Bradfield en Graham Truscott. Meld asb aan by Ivonne van Tonder by 0027 61 4084123, [email protected].
Summerdown hou ledevergadering
Die Summerdown BV se lede vergader vandag om 15:00 in die BV-saal. Corné Mostert van Virbac gaan aan die woord wees, asook Louisa Richmond-Coggan wat oor luiperds op plase sal praat. Kontak vir Rienie du Plessis by 081 285 2169 of [email protected].
Akkerboudag by Grootfontein aangebied
Die Grootfontein Boerevereniging bied Saterdag 'n akkerboudag aan wat om 08:30 op die plaas Venus van Klaas Malan begin. Die dag word gewy aan meganisasie en tegnologie en is propvol interessante demonstrasies. Kontak vir Klaas by 067 242094/ 081 124 0463/[email protected] jy dit gaan bywoon.
Onthou Karibib se ledevergadering
Hierdie boerevereniging vergader Saterdag om 17:00 op die plaas Ukuib. Die gasspreker is dr. Louisa Richmond-Coggan wat oor die nasionale luiperdsensus sal praat. Kontak vir Doris Gladis by 061 237400, [email protected].
Windhoek SLU kom byeen
Hierdie streekslandbou-unie hou 'n vergadering op 12 Maart om 08:30 in die NLU se raadsaal in Windhoek. Verdere besonderhede is bekombaar by Marianne Seifert by 062 581650, [email protected].
Pluimveeprodusente trek saam
Die Pluimveeprodusentevereniging (PPV) bied op 15 Maart sy jaarlikse ledevergadering en inligtingsdag vir bestaande en opkomende pluimvee-/eierprodusente aan. Dit word in die raadsaal van die Namibië Landbou-unie (NLU) in Windhoek gehou.
Die sprekers sluit in dr. Sean Wisdom van C4 Africa oor die voorkoming van voëlgriep, Hannes Koekemoer van Feedmaster oor programme vir die ontwikkeling van klein- en mediumskaal ondernemings en James Roux, 'n plaaslike eierprodusent, oor stappe wat geneem is in die bedruf om selfonderhoudend te word.
Aanmelding vir die geleentheid is verpligtend. Omdat sitplekke beperk is, sal dit streng toegepas word. Stuur 'n e-pos na [email protected] voor 13 Maart 2018.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie