Dagboek vir die landbouer
Meer gras, meer geld
Agra ProVision bied die kursus “Meer Gras, Meer Geld” vandag vanaf 09:00 – 16:00 by die Agra Bank Windhoek Ring in Windhoek aan. Bertus Kruger is die aanbieder en dit kos N$1 000 per persoon.
Leonardvillers vergader
Lede van hierdie boerevereniging hou ’n ledevergadering Donderdag om 17:00 in die BV-saal. Kontak vir Johannie Brenkman by 062 58 1108, of [email protected].
Grondboontjievereniging se lede byeen
Die Grondboontjievereniging bied sy ledevergadering en inligtingsdag Donderdag om 09:30 by Roys Rest Camp buite Grootfontein aan. Wessel Higgs en J.J. Cloete van Soygrow is van die sprekers. Kontak vir Dawie Kok by 081 261 6173, of [email protected].
Boerewêreldbeker vind die naweek plaas
Die Osire-Waterberg BV bied die sportdag vir boereverenigings, die 2018 Boerewêreldbeker, Saterdag om 07:30 by die BV-saal aan. Spansport sluit vlugbal, jukskei ensovoorts in en individuele sport is items soos kettieskiet.
Vir die kinders word ‘n miniplaas aangebied en daar is ook ‘n miniskou. Toegang beloop N$130 vir volwassenes en kinders vanaf 12 jaar. Kinders onder 12 jaar se toegang kos N$70. Voorskoolse kinders is gratis. Ingesluit in die registrasiefooi is die aandete en dans.
Elke span moet uit agt lede bestaan, waarvan ten minste twee vroue moet wees. Die inskrywingsfooi per span beloop N$300. Om 19:00 is die prysuitdeling en ‘n veiling.
Vir verdere besonderhede en om aan te meld, kontak vir Anka Visher by 081 257 7229, [email protected] of vir Dagmar Wilckens by 081 280 7829, [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie