Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Leer van sitrus op Tsumeb

’n Inligtingsdag oor sitrus word op 5 Mei van 14:00 tot 17:30 by die Teaterhuis op Tsumeb gehou.

Onderwerpe soos die beleggingswaarde van sitrus, die vestigingskoste, pryse, markte, asook praktiese kwessies soos die vestiging van ‘n sitrusboord, waar om plantmateriaal te bekom ensovoorts, sal deur Coenraad Fraenkel bespreek word. Hy is uitvoerende direkteur van die Agrimotion-groep. Kontak Johan Louw by [email protected].

Inligtingsdag oor optimale reproduksie

Omkring solank dié datum. Op 21 Mei word 'n inligtingsdag in die Stampriet Boereverenigingsaal a­angebied onder die tema: “Optimale reproduksie en groei vir maksimum wins”.

Die program begin om 09:00 en verskeie interessante sprekers sal aan die woord wees. Dr. Louis du Pisanie se praatjie sal boere wys hoe om in harmonie met sy plaas te boer en maksimum wins te maak. Die ander sprekers sal oor reproduksie as die sleutel tot sukses gesels. Rumenwerking, kruipvoeding en alternatiewe groeibevorderaars, asook dieregesondheid is van die ander temas.

Die registrasiefooi beloop N$200. Om te registreer, kontak Izna Kotze by 081 695 2911 ([email protected]) of Maretha Burger by 063 242 142 ([email protected]).

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!