Dagboek vir die landbouer
Osire-Waterberg se boere kom byeen
Die Osire-Waterberg-boerevereniging (BV) vergader vandag om 15:00 in die BV-saal. Mnr. Volker Kreft sal terugvoering gee oor die waardasierolvergaderings. Bel Natasha McLoud by 067 303 390, of stuur ‘n e-pos na [email protected] vir meer inligting.
Dordabissers wil herorganiseer
Dordabis BV hou môre ‘n boeredag en herorganiseringsvergadering om 08:00 op Elisenhöhe. Die sprekers is drs. Joggie Briedenhann en Julie Heusquin-Botha. Vir verdere navrae, kontak Christine Romeis by 061 231 230 of [email protected].
Boeredag by Witvlei aangebied
Witvlei BV hou môre ‘n boeredag om 10:00 op die plaas Okasandu van Robert en Steffi Pack. Bosbenutting van A – Z en die bestuur van weiveld vir optimale wins is deurgaans die tema. Vir meer inligting of verdere navrae, kontak die sekretaresse, Renda Grobbelaar, by 081 304 1299 of [email protected].
Boskos-inligtingsdag vir Suideboere
Keetmanshoop SLU in samewerking met Aroab BV bied op 16 April 2019 om 09:00 ‘n Boskos-inligtingsdag op die plaas Wildheim van Johan Kotze aan. Johan Steenkamp sal aan boere wys hoe om indringerbos te omskep in veevoer. Die praktyk is redelik nuut in die Aroab-omgewing, maar word met welslae elders in Namibië gebruik. Carl Nel van Virbac sal ook as spreker optree. Kontak Ernst Blaauw by [email protected] en Johan Kotze by [email protected] indien u navrae het.
Kalkfeld se lede trek ook saam
Kalkfeld BV hou ‘n ledevergadering op 16 April om 08:00 (vir 08:30) by Mount Etjo, plaas van die Oelofses. Die gasspreker, Anette Oelofse, sal oor die nuwe Ply Care-metode vir huishouding praat. Meld asseblief by Sabine Schoneke by 081 203 1773 aan. Vir meer inligting, kontak Silke von Gossler by 067 290 1119 of [email protected].
Outjo skuld vere reg vir Wildsfees
Die Outjo Wildsfees word vanjaar op 3 en 4 Mei by die Sophienhof Lodge langs die C39-pad na Khorixas gehou. Mense wat stalletjies wil bespreek, kan Elzanne Koen by 081 421 3042 of [email protected] kontak. Vir algemene navrae, bel vir Lizel, 081 354 8118, of Carina, 081 124,9011.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie