Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Kom luister na 'n storie van hoop

“Ek het 'n plaas in Afrika, nou is Afrika my plaas.” Dit is Craig Deall se woorde. Craig Deall is die hoofbestuurder van Foundations for Farming in Zimbabwe. Hy het 'n plaas gehad in Zimbabwe en alles verloor: sy plaas, spaargeld en ­pensioen. Hy lewer op 12 Junie 'n praatjie oor sy ervaringe wat om 17:30 (vir 18:00) by die NG kerk se Eros-­gemeente plaasvind.

Toegang is gratis. Kontak vir Sanet by 061 251 529, 081 293 1771 of [email protected] vir meer inligting.



Agri Mega-dag by Kalkfeld aangebied

Kalkfeld BV hou sy 2019 Agri Mega-­dag op 20 Junie om 07:30 op die plaas Klein Otjikango-Oos van die familie Kahl aan die M63 Outjo-pad. Om 12:00 word 'n wildsveiling gehou en daar is ook demonstrasies van verskillende masjiene. Kontak 081 389 8552 of [email protected] om aan te meld.

Meatco se jaarvergadering om die draai

Kragtens artikel 14 (8) van die Meatco Wet, Wet 1 van 2001, word kennis gegee aan alle geregistreerde lede van Meatco dat die 33ste algemene jaarvergadering op Vrydag 21 Junie om 09:00 by die Wanderers Sportklub in Windhoek gehou word.

Kontak Meatco by 061 321 6400 vir meer inligting.



Verbeter jou kennis oor ­weiding

Grootfontein BV bied op 22 Junie 'n inligtingsdag oor droogte-aangepaste weiding aan wat om 08:00 afskop.

Dit word aangebied op die plaas Venus van Klaas Malan. Om 10:30 sal 'n ontbossingdemonstrasie op Plaas Ossa plaasvind waarna middagete in die BV-saal bedien word. Die sprekers is dr. Cornelis van der Waal, Colin Lindeque, Peter Zensi en Dawie Kok. Die dag word met 'n braai afgesluit. Registrasie beloop N$100, waarby alle etes ingesluit is. Meld aan by Madelein by 081 242 5456, of Beulah by 081 233 8114.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!