Dagboek vir die landbouer
Agra ProVision bied dié kursusse aan
· Weidingsbestuur: 20-21 Oktober
· Plaasinfrastruktuur: 22-23 Oktber
Dit word in Windhoek aangebied. Kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected].
Summerdown se lede vergader
Hierdie boerevereniging se lede vergader vandag in die BV-saal. Die sprekers is Christoph Knye, Anke Metzger en Hanlie Winterbach. Vir meer inligting kontak Rienie du Plessis by 062 561621, of per e-pos by [email protected].
Westelike Khomas se boere byeen
Hierdie boerevereniging hou 'n vergadering môre om 14:00 in die BV-saal by Harmonie. Vir meer inligting, kontak vir Amanda Greeff by 081 259 6108 of [email protected].
Osire-Waterberg vergader ook
Hierdie boerevereniging vergader vandag om 14:00 by die BV-saal. Die sprekers is Pieter Krone (Meatco), Jaco Schlechter (Hochfeld Agri), Jaco van Wyk (plaasveiligheid) en Dieter Radeck (byeboerdery). Kontak Natasha McLoud by 081 2876045 of [email protected].
Ekonome neem landbou onder loep
Die Ekonomiese Vereniging van Namibië (EAN) se jaarkongres môre by die Safari Hotel het ’n landboutema en handel oor die “maksimum benutting van landboupotensiaal vir Namibië se ontwikkeling”.
Die doel is om kenners vir betekenisvolle gesprekvoering byeen te bring, waarna sleutelvoorstelle uit die konferensie in die vorm van 'n verslag met beleidsmakers, finansierders en die skenkingsgemeenskap gedeel sal word.
Witvleiers Donderdag byeen
Dié boerevereniging vergader oormôre om 15:00 in die Boerehuis. Die gassprekers is Johan Smit van Field Fire Protection Services asook adj.komm Donovan Harmse van die reserviste. Vir verdere navrae, kontak gerus vir Renda Grobbelaar by 081 304 1299.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie