Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Eet Wild Fees

Die “Eet Wild Fees” word vanaf 8 tot 18 Junie aangebied. Dit behels die Restaurantweek asook die City Market wat op Vrydag 15 Junie gehou sal word. Indien u enige wildsvleisprodukte het wat u by die City Market wil verkoop, kontak Pauline Lindeque by 061 290 9378 of [email protected].

Windhoek SLU vergader

Die Windhoek Streekslandbou-unie vergader op 11 Junie om 08:30 in die Namibië Landbou-unie (NLU) se raadsaal in Windhoek. Vir navrae, kontak Marianne Seifert by 062 581 650 of [email protected].

Epukiro BV algemene vergadering

Die Epukiro Boerevereniging hou ‘n algemene vergadering op 16 Junie om 10:00 op die plaas Hippo van die Beukesse. Sprekers sluit in ‘n afgevaardigde van NamPower en daar sal ook oor plaasveiligheid gepraat word. ‘n Vuurwapenhanteringskursus word vir vroue aangebied. Vir verdere navrae skakel 081 301 0286 of stuur 'n e-pos na [email protected].

Simmentaler-promosiedag

‘n Simmentaler-promosiedag word op 16 Junie om 10:00 op Plaas Otjisauna in die Windhoek-omgewing gehou. Die tema is “Die waarde van Simmentalers in kruisteling” en sprekers is mnre. Dawid Krause, Roelie Venter en Kiep le Pen. Meld voor 8 Junie by [email protected] aan. Verdere navrae kan aan Eddie Stone by 081 144 2388 of Tertia Stone by 081 2489 543 gerig word.

Seeis hou ledevergadering

Seeis Boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 20 Junie om 15:00 in die boereverenigingsaal op die plaas Otjihaenena. Gassprekers sluit in die president van die NLU, mnr. Ryno van der Merwe, asook die NLU se uitvoerende bestuurder, mnr. Roelie Venter. Vir meer inligting, kontak mnr. Diethelm Metzger by 081 128 9017 of [email protected].

Hochfeld hou ledevergadering

Hochfeld Boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 20 Junie om 09:00 op die plaas Okowiruru-Süd van Heiko Binding. ‘n Wilddag word direk ná die ledevergadering om 11:00 aangebied. Vir verdere besonderhede, kontak Bianca Marggraff by [email protected] of 081 300 7584.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!