Dagboek vir die landbouer
Boere kry inligting oor noodafronding
Nutri Feeds en Agra bied saam boeredae aan met wenke oor watter veevoer en lekke gebruik kan word om midde-in die droogtekrisis vee so vinnig as moontlik markgereed te maak. Sekere van dié veevoervervaardiger se produkpryse is reeds verlaag. ‘n Boeredag is gister by Agra se veilingskrale op Otjiwarongo aangebied en vandag vind een om 09:00 op Grootfontein plaas, ook by Agra se veilingskrale. Môre om 10:00 kan boere in die sentraal-oostelike dele van land die boeredag op Ongongoro bywoon. Vir meer inligting, kontak Tobie le Roux by 081 127 2841.
Ledevergadering op Steinhausen gehou
Hierdie boerevereniging se lede vergader vandag 15:00 in die BV-saal. Die gassprekers is Marius de Klerk van Nyime Anti Poaching Unit, Roelie Venter van die Namibië Landbou-unie, Adolf de Koe en Gilli Bassinghwaithe van Meatco en die streeksverteenwoordiger, Kallie von Kühne. Bel 062 561 419 vir meer inligting.
Sonop se lede vergader ook
Sonop BV se ledevergadering vind vandag om 14:00 in die BV-saal op plaas Frauenhofen plaas. Bennie Beukes van Karubeams Crime Prevention is die gasspreker. Bel vir Cheryll Pienaar by 062 563 189 of stuur ‘n e-pos na [email protected].
Pluimveeprodusente in Windhoek byeen
Die Pluimveeprodusentevereniging (PPV) hou môre sy ledevergadering en 'n inligtingsdag by die NG Kerk-saal in Diazstraat, Suiderhof. Die vergadering begin om 08:30 en die inligtingsessie om 10:00. Die hoofspreker is Avimune se dr. Frank Travers, wat oor pluimveesiektes, inentingsprogramme en biosekuriteit sal praat, met spesiale klem op voëlgriep. Ander sprekers sluit in dr. A. Klingelhoeffer en verteenwoordigers van Namibia Poultry Industries en Feedmaster. Diegene wat die dag wil bywoon, kan vir Rina Hough 'n e-pos na [email protected] stuur.
Inligtingsdag op Wagnou aangebied
Die Epukiro BV bied Donderdag ‘n boeredag aan op Plaas Wagnou, 100 km noord van Gobabis op die C22-roete. Drie beesrasse sal vergelyk word, droëlandakkerbou sal in oënskou geneem word en die gebruik van voer in daardie omgewing sal ook bespreek word. Daar word ook ‘n besoek aan die landerye gebring. Bel vir Johan van der Merwe by 062 568 249 of 081 320 1013 vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie